Met al die sosiale druk en jou gebrek aan tyd om borsspiere te ontwikkel wat Hugh Jackman sy kop in skaamte te laat sak, was dit onvermydelik. Die Britse onderneming Funkybod.com het onlangs ’n T-hemp ontwerp wat jou borste lig. Dis gemik op al daardie mans met opvallende borste.

Die noupassende, opgestopte hemp kos sowat R480. En net soos ’n opstootbra ’n vrou se borste aantrekliker laat lyk, verbeter die hemp die vorm van ’n man se bors- en boarmspiere.

[caption id="attachment_57072" align="aligncenter" width="600"]Foto: Funkybod.com Foto: Funkybod.com[/caption]

Die idee is blykbaar om manborste meer gespierd te laat lyk.

Die hemp is nie die eerste opgestopte onderklere vir mans nie. Party ouens dra glo al ’n ruk lank onderbroeke wat hul agterstewe meer vorm gee.

Kyk op die video hier onder hoe die hemp jou selfbeeld ’n hupstoot kan gee:

Bron: Time