[caption id="attachment_122844" align="alignnone" width="600"]lkjlkj Nicole Noordien is gister finaal van oudpres. FW de Klerk se seun Willem geskei. Foto: Misha Jordaan[/caption]

“Dit is regtig ’n groot verligting. Vir die eerste keer kan ek vorentoe gaan en die lewe beplan. Dis onmoontlik wanneer jy soveel los drade in jou lewe het.”

Dié paartjie is in 2003 getroud en ná ’n huwelik van vyf jaar het hulle in 2008 besluit om te skei. Die afgelope paar jaar was Nicole en Willem gewikkel in ’n bitter stryd oor onderhoud wat vir hul twee tienerdogters betaal moes word. Hulle het eindelik met die hulp van ’n mediator geskik.

Lees ook: ‘Ma, ek was amper dood’ – Tiener oorleef wonderbaarlik nadat sy van bewegende trein afval

Nicole, wat die afgelope vyf jaar in Johannesburg woon, sê sy sien daarna uit om weer met Willem vriende te wees. “Ek sien uit na vriendskap met hom en sy pa. Toe ons verhouding verbrokkel, het ons verhouding met almal verbrokkel en dit was sleg vir my.

“Alles is nog baie vars en ek moet dit verwerk, maar dit voel asof ek en Willem nou weer aan ’n tafel kan sit en kuier. Die afgelope paar jaar het ons baie baklei, maar ek hou van hom as mens en ons het altyd lekker gesels.”

Lees ook: Emosionele tuiskoms vir SA kleuter ná drie jaar agter tralies saam met ma

Die egskeiding was nie vir haar ’n maklike pad nie en sy sê dit het gevoel asof dit haar lewe oorneem. “Jy weet nie waarheen en waarna toe nie. Vir die eerste keer kyk en na die toekoms met ’n rustige hart.”

Haar raad aan vroue wat skei, is om altyd in die kinders se beste belang op te tree. “Wanneer jy jou kinders eerste stel, sal die res vanself in plek val.”

Nicole sê sy sal haar nou verder toespits op die Nicole Noordien-stigting wat opheffingswerk doen onder vroue en mishandelde kinders. “Ek sal graag wil terugtrek Kaap toe. Ek is baie lief vir die Kaap en sal graag in kleiner gemeenskappe wil werk waar ’n mens die uitwerking van dit wat jy doen, beter kan sien.”

Ook op Huisgenoot.com:

Doodsreuk hang in hospitaal nadat erg ontbinde lyk glo in hysbakskag gevind is

Hofmeyr-boeties se liefdeslewe beleef uiterstes

Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives

Banters let op! Algemene wanopvattings oor eetplanne met min koolhidrate