Nog skaars ’n maand het verstryk sedert Kermit die padda en Miss Piggy se dekades lange verhouding beëindig is. Maar Kermit is nie een wat kla oor gedane sake nie; hy’t aangegaan met sy lewe – saam met 'n splinternuwe vark met die naam Denise.

Min is al bekend oor Kermit se nuwe liefde, behalwe dat sy “in bemarking” is by ABC. Hierdie nuwe ontwikkeling volg ná die Instagram-foto waarop Miss Piggy en Liam Hemsworth, ster van The Hunger Games, kafoefel. Sy is dalk bowendien ’n “huisopbreker-vark,” maar dit het nie verhoed dat die internet haar vergelyk het met mense soos Olivia Wilde en Natalie Dormer, die aktrise van Game of Thrones, nie.

Die Muppets-sterre was voor die skeuring baie jare saam en het sy aan sy opgetree op televisie en in rolprente.

“Ná deeglike en diepsinnige oorweging en aansienlike kibbelry het moi en Kermit die padda die moeilike besluit geneem om ons romantiese verhouding te verbreek,” het Miss Piggy in ’n gesamentlike verklaring geskryf.

Maar wie sê haar hart was gebreek?

“Om met moi uit te gaan is net so goed soos om naby die son te vlieg. Dit was onvermydelik dat Kermit die aarde sou moes tref terwyl ek in die lug gebly het.”

Bronne: huffingtonpost.com, twitter.com, the guardian.com