Die rebelse ouma is betrap nadat haar seun, Tony (57), met sy daaglikse besoek aan sy ma haar rolstoel in haar kamer leeg aangetref het.

Hy het haar later by die Studio Seventy-Six-tatoeëersalon opgespoor.

Dit het geblyk Sadie het saam met Samantha, haar 22-jarige kleindogter, weggeglip.

“Samantha het net daar sit en glimlag. Ek het drie manne in hul 20’s gesien wat oortrek was van tatoeëermerke. Tussen hulle was my ma besig om een te laat aanbring,” het Tony vertel. Hy het self agt tatoeëermerke.

Sy bejaarde ma spog nou met ’n onopsigtelike hartvorm op haar linkerarm. Op die tatoeëerkunstenaars se vraag wat haar familie van haar nuwe liggaamskuns gaan dink, het sy geantwoord: “Ek gee nie ’n *** om nie”.

“Sy is baie preuts, maar kan vloek soos ’n matroos wanneer sy agter toe deure is,” het Tony gesê.

Sadie het glo die tatoe laat aanbring nadat sy Samantha s’n gesien het. Sy het gesê: “Ek het net gedink ek behoort ook een te kry.”

“Ek voel opgemaak met myne. Ek het gevra hoe lank dit nog sou duur, maar die man het geantwoord hy het dit al vyf minute gelede klaargemaak – ek het glad niks gevoel nie.”