Loui Fish smeul behoorlik op swart-wit foto’s wat sy onlangs op haar Facebook-blad gedeel het. Sy is geseën met "alien-gene", skerts dié model en TV-persoonlikheid oor haar vietse en ferm lyf op 43.

[caption id="attachment_157582" align="aligncenter" width="550"]Foto: Facebook Foto: Neels Kleynhans[/caption]

Die onlangse fotosessie met Neels Kleynhans van NK Photography as fotograaf was net vir die pret en iets wat sy graag wou doen. “Nou is ek klaar met klere uittrek,” sê sy met verwysing na van die sexy foto’s in ’n kamisool.

[caption id="attachment_157580" align="aligncenter" width="550"]Foto: Facebook Foto: Neels Kleynhans[/caption]

“Ek oefen nie. Ek moet, maar was nog nooit in my lewe in ’n gim nie. Dis gene van my ma en ouma af.” Loui sê sy het haar ouma Marie Gerber, wat op 89 steeds met ’n ferm lyf spog, se liggaamsbou geërf.

[caption id="attachment_157579" align="aligncenter" width="550"]Foto: Facebook Foto: Neels Kleynhans[/caption]

Sy volg geen dieet nie en sê aan haar ma se kant van die familie kon almal nog altyd eet wat hulle wil.

[caption id="attachment_157578" align="aligncenter" width="550"]Foto: Facebook Foto: Neels Kleynhans[/caption]

Sy is byvoorbeeld mal oor brood, wat gewoonlik verbode is as ’n mens slank wil wees.

[caption id="attachment_157577" align="aligncenter" width="550"]Foto: Facebook Foto: Neels Kleynhans[/caption]

Loui het wel “basiese reëls”, soos om nie ná sewe saans te eet nie. En onlangs het sy wel gimtoerusting begin aanskaf, want haar kinders oefen graag.