Vergeet van die iPhone 6 Plus – dis ou nuus! Die multinasionale tegnologiemaatskappy Apple het eindelik die nuutste toevoeging tot die iPhone-familie onthul. En die iPhone 7 beloof om alle verwagtinge te oortref. Met twee kameras in die Plus-model, ’n skraler ontwerp en nuwe waterdigtheidspesifikasie lyk dit soos die volgende moet-hê-item.

A photo posted by iPhone 7 (@_iphone_7) on

Die iPhone 7 se ontwerp is die groot aantrekking, meen kenners. Daar is weer twee modelle in die reeks: die iPhone 7 en die iPhone 7 Plus. Die ontwerp van die twee modelle is so te sê identies, maar daar is wel ’n paar verskille. Die iPhone 7 Plus het ’n hoëresolusieskerm van 14 cm in vergelyking met die iPhone 7 se kleiner 12 cm-hoëresolusieskerm.

A photo posted by Naguib (@mahmoud.naguib.948) on
Die fone het ’n aluminiumafwerking en jy kan uit vyf kleure kies – silwer, goud, roosgoud, swart (in ’n swawelmetaalvoorkoms) en pikswart (wat ’n hoëglansvoorkoms het).

Die pikswart afwerking is net beskikbaar vir modelle met stoorplek van 128 GB en 256 GB. Die ander vier baadjies is ook vir die 32 GB-model beskikbaar. Daar is nie meer ’n 64 GB-model nie.

Apple het ook die plastiek-antennalyne agterop die foon verwyder. In vorige modelle het radioseine deur die metaalomslag beweeg om by die antennas uit te kom. In die nuwe modelle het Apple dit reggekry om die omhulsel sonder die antenna-lyne te herontwerp. Lees ook: Kan ek die Samsung Galaxy Note 7 nog kry al ontplof die battery? Die tuiste-knoppie is ook herontwerp sodat die foon waterdig kan wees. Die nuwe, soliede knoppie is ontwerp om beter te reageer en werk met Apple se Taptic Engine-tegnologie. Hierdie tegnologie laat toe dat jy die knoppie nie meer letterlik hoef te druk dat hy klik nie. Die knoppie se haptiese terugvoer flous jou vinger met die sensasie van ’n klik. Uit met die oorfoon-prop: Hierdie is seker die mees omstrede aspek aan die nuwe ontwerp. Die nuwe iPhone het glad nie meer ’n poort vir oorfone nie. Jy kan darem nog jou ou oorfone gebruik, want in die verpakking is daar ’n aansluitprop waarin jou ou oorfone pas en wat ook in die foon se herlaaierpoort pas.

A photo posted by iPhone 7 (@_iphone_7) on

Die draadlose AirPods-oorfone met mikrofoon word apart verkoop en kan met albei iPhone 7 modelle sowel as die Apple Watch 2 koppel.

Apple het ook ’n tweede luidspreker bygevoeg, wat beteken die stereoklank is twee keer harder. Battery: Die iPhone 7 is volgens die vervaardiger drie keer so vinnig en meer effektief as die iPhone 6, met net die helfte van die iPhone 6 se krag. Dit beteken die iPhone 7 se battery kan tot en met 2 uur langer uithou as die iPhone 6 s’n. Die iPhone 7 Plus se battery hou nou wel net ’n uur langer as dié van die iPhone 6s Plus, maar dit bly ’n welkome verbetering. Nuwe lense: Apple sê sy iPhone 7 se nuwe 12 megapixel-kamera is 60% vinniger en 30% meer effektief as die vorige modelle s’n. Die iPhone 7 Plus het ook ’n ekstra telefotokamera wat 2x optiese zoem en digitale zoem van tot 10x bied.

Met die nuwe kamera kan jy nou jou fotografievaardighede na die volgende vlak neem.

Waterdigtheid:

Albei modelle kan teoreties ’n halfuur onder water van een meter diep oorleef en het ’n IP67-gradering, wat beteken die foon is bestand teen stof. Jy hoef dus nie ’n klein hartaanval te kry as jy volgende keer jou foon perongeluk in die toilet laat val nie!

Bronne: nigenius.co.za, mirror.co.uk, telegraph.co.uk, digitalspy.com