’n Bekommerde ma in ons SuperMa-gemeenskap het onlangs besluit om AGS na te vors en antwoorde te vind op die vrae waarmee ma’s die meeste sukkel. Een van die onderwerpe waaroor sy meer inligting gesoek het, was medikasie vir AGS. Dit is wat sy uitgevind het.

Medikasie vir AGS

Daar is baie soorte medikasie op die mark. Die grondliggendste onderskeid is die klassifikasie – dit is óf ’n stimulant (soos Concerta) óf ’n nie-stimulant (soos Strattera). Stimulante word dikwels vir kinders voorgeskryf.

Dit is moeilik om die beste medikasie vir jou kind te kry. Die eerste stap is om die medikasie sowel as die dosering in detail met jou kind se dokter te bespreek. As ’n stimulant se newe-effekte sterk is of jy merk op die medikasie is ondoeltreffend, is dit ’n goeie idee om nie-stimulante met jou kind se dokter te bespreek.

Kry soveel moontlik kennis oor watter medikasie vir jou kind voorgeskryf is en hou tred met enige nuwe ontwikkeling op die gebied van medikasie vir AGS.

Newe-effekte

Daar is ’n paar welbekende moontlike newe-effekte van medikasie vir AGS:

  • verlies aan eetlus
  • ongereelde slaappatrone
  • buierigheid
  • hoofpyn
  • maagpyn

Dit is belangrik dat jou kind sy dokter gereeld sien en seker maak hul lewensfunksies en groeitrajek word fyn dopgehou. Eindelik ken niemand jou kind so goed soos jy nie; let dus op na die maniere waarop die medikasie jou kind kan affekteer.

Wenke om newe-effekte te verminder

  • Hanteer eetlusverlies deur jou kind aan te moedig om gesonde peuselhappies deur die dag te eet. Bedien aandete so laat moontlik wanneer die medikasie dalk nie meer werk nie.
  • Hanteer slapeloosheid deur die medikasie so vroeg moontlik te drink. Bespreek ander opsies met jou dokter as dit nie werk nie.
  • Voorkom hoof- en maagpyn deur die medikasie nooit op ’n leë maag te drink nie.
  • Hanteer die buierigheid deur die dosering te verlaag of ’n medikasie met ’n stadige vrystelling te beproef.

Wat kan jy nog doen?

Die opvoedkundige sielkundige kenner oor AGS dr. William Griffith sê daar is bevind gedragsterapie is baie suksesvolle behandeling vir kinders met AGS. “Dit is veral voordelig as ’n medebehandeling vir kinders wat stimulant-medikasie neem. Dit kan jou selfs toelaat om die dosering te verminder.”

Gedragsterapie berus op die volgende beginsels:

  • Die stel van spesifieke doelwitte soos om tydens huiswerk gefokus te bly of om tydens speeltyd speelgoed te deel.
  • Gedurig belonings bied vir wenslike gedrag en die gevolge vir swak gedrag definieer.
  • Onthou om geduldig te wees en nie korttermynresultate te verwag nie. Moet ook nie ontmoedig wees as een dag goed verloop en die volgende nie; gedragsterapie kan met tyd die simptome van AGS verbeter.

Onthou

Al kan die lewe met ’n kind met AGS soms moeilik wees, word daar oor positiewe eienskappe met die siekte vereenselwig. Kinders met AGS is dikwels uiters kreatief, spontaan, energiek en entoesiasties. Kyk uit vir hierdie eienskappe in jou kind en prys hulle baie vir positiewe gedrag. Deel asseblief jou verhaal op Facebook as sy raad het vir ma’s met kinders met AGS.

- Lindsay de Freitas

Bronne: m.helpguide.org, webmd.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.