'n Vrolike Emo Adams en sy pragtige meisie,Michelle het vroeër vandag die koppe laat draai met hul aankoms by OR Tambo Internasionale Lughawe.

Hulle het so pas teruggekeer van hul goeie vriend, Corné, se dertigste verjaarsdagpartytjie.

Soos gewoonlik was Emo beslis nie op sy mond geval nie.

Hy kon nie uitgepraat raak oor die heerlike kuier sowel as sy en Michelle se gloeiende voorkoms nie - alles te wyte aan die partytjiegees en natuurlik, al daardie gesonde water wat hulle gedrink het!