’n Afgetrede paartjie het dié ongelooflike foto’s geneem met vakansie in die Nasionale Maasai Mara-park in Kenia.

Die leeu het glo probeer om ’n jong kalfie in die trop buffels te vang, maar die buffels het die leeu weggejaag en agternagesit.

Die leeu het teen ’n boom uitgeklouter om te ontsnap, maar die buffels het onder bly wag op hom.

Ná so ’n paar minute het sy pote begin bewe en hy het teen die boom begin afgly. Hy laat toe maar los en laat spaander met ’n stink spoed daar weg, stert tussen die bene.

Ons dink koning leeu sal twee keer dink voor hy weer met daai trop lol.

Bronne: mirror.co.uk, dailymail.co.uk, telegraph.co.uk