douglasB

Die 23-jarige ster van Pride and Prejudice and Zombies het die koppe laat draai toe hy en Cressida by die tenniskampioenskap in Londen opdaag. Op foto’s vertolk hy die rol van die ware heer terwyl hy help om die partytjiepop-aktrise na hul sitplekke by die hoofbaan te lei, berig DailyMail.co.uk. Lees ook: Dit gons oor prins Harry en sy eksmeisies Douglas, wat in ’n grys pak en wit hemp vir die sportgebeurtenis uitgevat was, het later ’n foto van hom gedeel waar hy sy mede-Brit Andy Murray aanmoedig. Andy het teen die Australiese nuweling, Nick Kyrgios, te staan gekom.

“#Murray vs #Kyrgios” was sy byskrif by die greep. “Dié een behoort goed te wees!” Murray het daarin geslaag om Kyrgios in drie stelle te klop en het die kwarteindstryd Woensdag 6 Julie gehaal, waarin hy teen die Fransman Jo-Wilfried Tsonga te staan gaan kom. Booth het geen kommentaar gelewer rakende sy metgesel vir die uitstappie Wimbledon toe nie, maar dit is nou ook nie die eerste keer dat Bonas ’n tenniswedstryd gekies het om ’n nuwe man in haar lewe bekend te stel nie.

#Murray vs #Kyrgios This one should be good! ??

A photo posted by Douglas Booth (@douglasbooth) on

Sy is voorheen romanties verbind met Edward Holcroft, die ster van Wolf Hall en Kingsman: The Secret Service. Hulle het verlede somer heel intiem gelyk op foto’s wat by Wimbledon geneem is.

Ironies genoeg het Bonas na bewering ook voorheen met Freddie Fox, Booth se medester in The Riot Club, uitgegaan. Haar en prins Harry se paaie het in 2014 geskei ná ’n verhouding van twee jaar.

Douglas het na bewering nog taamlik onlangs by Ellie Bamber vlerkgesleep. Hulle was saam in Pride and Prejudice and Zombies. Hy was ook van 2012 tot 2013 in ’n verhouding met Vanessa Kirby, sy medester in Great Expectations.

© Cover Media