Duisende busbestuurders gaan remme aanslaan nadat loononderhandelings met hul werkgewer nie die gewenste resultaat opgelewer het nie. Vakbonde het in reaksie daarop Maandag aangekondig van Woensdag af sal 48 uur lank gestaak word. Sestien busmaatskappye word deur die vakbonde verteenwoordig. Hoekom die staking? Die vakbonde, waaronder Numsa, Satawu en Towu, eis ’n 12-persent-verhoging deur die bank as deel van ’n jaar lange ooreenkoms. Busmaatskappye het egter aangedui hulle kan beslis nie meer as 7,5 persent aanbied nie.

Sover bekend, gaan die staking dié busmaatskappye in hierdie stadium raak:

Golden Arrow (Kaapse metropolitaanse gebied)

Mayibuye (Oos-Londen)

Autopax (Landwyd – City to City en Translux)

Putco (Gauteng, Limpopo en dele van Mpumalanga)

Rea Vaya (Johannesburg)

MyCiti (Kaapstad)

Die staking gaan ’n ernstige impak op alle openbare en padvervoer.

“Byna 71 000 pendelaars maak daagliks van die MyCiti-diens gebruik,” het Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, gesê.

Hoe gaan dit jou raak as jy ’n Golden Arrow-maand- of weekkaartjie het?

As jy een van hierdie buskaartjies gebruik en dit is nog geldig vir die tydperk van die staking, sal Golden Arrow-kaartjie ooreenkomstig verleng word. Dit is onseker of ander busmaatskappye dieselfde pad sal volg.

Bronne: mycitibus, ewn.co.za, fin24.com