In die reeks kompeteer onthou- en kinkelkokke mee in spanne vir die titel van Kokkedoor 2014. Maar wat presies is die verskil tussen ‘n Onthou- en Kinkelkok?

Kokkedoor-kokke

Kokkedoor se onthoukokke en kinkelkokke begeester almal met hul entoesiasme, kooktalent en vernuf in die kombuis.

  • Onthoukokke is die fakkeldraers vir onthoukos en al het hulle nie formele sjefs-opleiding en professionele ondervinding nie, klop hulle harte warm vir tradisionele kos. Vir inspirasie span hulle herinneringe en beproefde metodes van ma’s, oumas en tannies uit die huiskombuis in. Onthou kokke word gekies vir hul vernuf as ‘n huiskok en hul kennis en passie vir ounthoukos.
  • Kinkelkokke se uitdaging is om sjefskwalifikasies, professionele kombuis-ervaring en uitstekende tegniese vaardighede vir vernuwing in te span. Kinkelkokke word gekies vir hul kwalifikasies en/of hulle onderviding in ‘n erkende restaurant (nie ‘n braairestaurant of koffiekroeg nie).

Onthoukokke en Kinkelkokke inspireer mekaar; elkeen bring iets spesiaals na die tafel toe.

As span bewys hulle dis moontlik vir tradisie en vernuwing om hande te vat. Saam neem hulle onthoukos die 21ste eeu in en gee dit ‘n toekoms.

Volg Kokkedoor ook op Twitter: www.twitter.com/kokkedoorapp