Hy is Sondagaand omstreeks agtuur in die ouderdom van 27 dood. Die voorval het plaasgevind in Vosloorus, Ekurhuleni, by ’n huis wat glo aan sy meisie, die aktrise en sangeres Kelly Khumalo, behoort.

Die talentvolle doelwagter het op 13 by Orlando Pirates se reserwes aangesluit, voor hy in Julie 2005 by die senior span ingesluit is.

Met nege jaar ervaring in die Premiersokkerliga agter sy naam, het Senzo meer as 150 verskynings vir die Pirates gemaak. Sy jongste is so onlangs soos Saterdagaand, toe die Pirates Ajax Cape Town in Soweto in die kwarteindstryd van die Telkom Knockout met 4-1 klop.

Senzo was een van net ’n paar spelers wat die land in alle ouderdomsgroepe verteenwoordig het – die onder-17-, onder-22-, onder-23- en senior nasionale span.

Hy was teen die begin van die 2013/’14-seisoen reeds ’n welbekende naam, maar het verlede jaar tydens die Pirates se deelname aan die CAF-Kampioeneliga.

Senzo het in April verlede jaar teen die viermalige Afrika-kampioene TP Mazembe twee strafdoele gekeer, en het bygedra daartoe dat die Pirates die eerste Suid-Afrikaanse span in sewe jaar word wat kwalifiseer vir ’n kontinentale klubkompetisie se groepstadium in Afrika.

Hy het ná sy vertoning in hierdie toernooi die aandag van ’n paar Afrika-klubs getrek, insluitend Egipte se Zamalek and Al-Ahly – die span wat Pirates in verlede jaar se eindstryd geklop het.

As gevolg van sy skitterende vertoning in die kompetisie het die klub hom en Oupa Manyisa vroeër vanjaar vereer vir hul bydrae.

Die twee het die voorsittersprys ontvang van die klub se hoof, Irvin Khoza.

Senzo het in die 2013/’14-seisoen ’n ongelooflike 51 uit ’n moontlike 53 verskynings gemaak.

Hy het in verlede Junie sy eerste internasionale verskyning gemaak tydens Bafana Bafana se 2-0-oorwinning oor Lesotho.

Met net vyf verskynings agter die blad moes Senzo sy beurt afwag; hy het tweede viool gespeel teen Kaizer Chiefs se Itumeleng Khune, wat al ’n ruk ank die land se voorste doelwagter was.

Maar toe Itumeleng in September beseer word, het Senzo die geleentheid aangegryp en oor die afgelope twee maande in al vier van Suid-Afrika se kwalifiseringswedstryde vir die Afrikanasiebeker-toernooi gespeel. Hy was ook die kaptein in die wedstryde.

Ten tye van sy dood het Senzo sewe wedstryde vir Bafana Bafana gespeel en het net een doel afgestaan, toe hulle in Mei met Australië 1-1 gelykop speel.

Min of meer dieselfde tyd het Shakes Mashaba Senzo as die kaptein van die nasionale span aangewys. Orlando Pirates het ook sy leierskapseienskappe raakgesien en het hom ook as kaptein aangewys.

Senzo word oorleef deur sy vrou, Mandisa, en hul dogter. Hy het ook ’n dogter by Kelly.