. Lees die volledige storie in Huisgenoot, 24 Oktober 2013

1.    Hul eerste optrede as groep in Middelburg in Feb 2011. “Op pad daarheen is ons afgetrek omdat ons te vinnig gery het,” onthou Joe. “Toe sê die polisievrou ons moet vir haar sing. Ons het die groep Extreme se More Than Words vir haar gesing, toe sê sy ons kan maar ry!

2.    Toe hy eenkeer alleen Kaap toe moes vlieg. “Ons moes in Clanwilliam wees vir ’n optrede by ‘n Sarie-vroueoggend. Reynardt en Hugo besluit toe hulle gaan met die Gautrain lughawe toe ry. Ek het die instrumente met die kar geneem, maar hulle was laat vir die vlug en ek moes die ongemaklike ete saam met die borge die aand alleen nakom.

3.    Hul klankman, Johan Opperman, se sin vir humor. “Johan was Dozi se klankman en toerbestuurder vir 15 jaar. Toe begin hy vir ons werk as klankman. Hy het ’n groot balans in die groep gebring met sy sin vir humor. Hy sou oulike goed sê soos: ‘Op die ou einde van die dag is dit nag’, of ‘Die lewe is soos ’n wiel, vandag is jy onder en môre is jy weer onder.’ Een van sy ander sêgoed was ‘lank terug toe die Dooie See nog net siek was . . .’ Hy was die vierde lid van Adam en ons het die beste tye saam gehad.”

4.    Die keer toe Reynardt Christiaan Botha van NRG se kitaar gebreek het. “Reynardt het geval en gegly met die kitaar in sy hand. Dit was by Silverstar Casino. Hulle het darem die skade uitsorteer.”

5.    Reynardt se snaakse gesigte. “Hy sê altyd die snaaksste goed en maak of hy verskillende karakters is soos diertjies. Hy sou ook soos ’n bobbejaan handeviervoet loop. Ek kon net nie ophou lag vir die ou nie. Ek het al gelag dat ek huil vir hom!”

6.    Hul kustoer in Augustus 2011. “Dit was die beste tyd ooit. Ek het die reksprong by die Bloukransbrug gedoen, ons het die beste lamskenkel in ons lewens in Queenstown geëet en ons het so twee dae gerus in Knysna by my ma-hulle se vakansiehuis.”

7.    Die verhoog. “Ons roep altyd ’n meisie op die verhoog tydens elke vertoning wanneer ons More Than Words sing. Ons het 'n flankeer-kompetisie gehad en dan moes sy sê wie se boude voel die beste. Ons het alle soorte meisies gekry. Party was baie gemaklik, party was te gemaklik en party was net plein ongemaklik en wou glad nie saamwerk nie. Ek het eindelose pret gehad met daardie deel van ons vertoning.”

- Loren Pienaar