’n Amerikaanse vrou wat ’n egskeiding wil hê, het die noodnommer 911 gebel.

Die onbekende vrou het die nooddiens gebel en gevra dat die polisie haar man uit hul huis in die Erie-distrik van Pennsilvanië moet kom haal. Die polisie het egter geweier omdat niemand ’n misdaad gepleeg het nie en haar aangeraai om liewer die siviele roete te volg.

As gevolg van haar drastiese optrede word die vrou nou aangekla dat sy die noodnommer misbruik het, berig die Erie Times-News.

- Bang Showbiz