Voel jy gedurig oorweldig deur al die omsendbriewe en kennisgewings wat jou kind se skool uitstuur? Die hoeveelheid papierwerk kan vir ouers ’n uitdaging wees en dit is ’n stryd om deur pamflette te sit en sif om te kom by dit wat jy eintlik moet weet. Lindsay de Freitas, ’n ma van twee, kyk hoe School Communicator jou lewe soveel makliker kan maak.

’n Kosbare vonds

Ek het onlangs amper nog ’n omsendbrief van my kind se skool weggegooi, maar toe sien ek ’n skakel vir ’n web-gebaseerde app genaamd D6 School Communicator. Dit word beskryf as ’n nuusvoer met belangrike inligting rakende jou kind se skool. Ek kon dié geleentheid nie laat verbyglip nie en het die volgende dag die app afgelaai.

Hoe kry jy dit aan die gang?

Besoek net die webtuiste en kies jou kind se skool by die aftrekkieslys. Die app is maklik op my rekenaar afgelaai, en is beskikbaar op Mac, en as ’n mobiele app vir Android-toestelle, iPhone, Blackberry en as ’n mobi-webtuiste. As jy eerder verkies om e-posse te ontvang, kan hulle jou ’n weeklikse nuusbrief stuur, of hulle kan dit vir jou pos as jy hardekopie verkies. Dit bevat al die inligting wat die afgelope week bekendgemaak is.

Hoe werk dit?

Die D6 School Communicator sit net daar op jou werkskerm. Die beste deel van die app is dat die hulpbronne-oortjie, wat elektroniese weergawes hou van al die omsendbriewe en kennisgewings wat deur die skool uitgestuur is. Dit beteken jy hoef nie ’n nuwe uitbreiding by jou huis aan te bou om plek te maak vir al die papier wat jy opgaar nie.

Van sy kenmerke:

  • Dit het ’n kalender met al die belangrike geleenthede en vergaderings wat by die skool plaasvind.
  • Dit het kontakbesonderhede van die skool se onderskeie departemente.
  • Dit het ’n funksie vir dringende boodskappe.
  • Afhangend van die skool het hulle dalk ook ’n galery waar foto’s van die kinders daagliks opgelaai word. (Dit help regtig vir werkende ma’s met ’n skuldgevoel omdat hulle heeldag voor ’n rekenaarskerm moet sit.)

As jy skoolgaande kinders het, is dit ’n waardevolle hulpmiddel!

- Lindsay de Freitas