Naam kies is nie maklik nie, maar dit word beslis ál meer kreatief.

Kyk net wat staan op die geboortesertifikate van ‘n paar 2011-baba’s:

Rex Harrison, seun van Niki Taylor – Hierdie naam sal die beste in ‘n Jarassic Park-film pas.

Arlo, dogter van Johnny Knoxville en seun van Toni Collette – Hierdie naam sal  geslagsverwarring laat hoogty vier.

Nog ‘n paar interessante name in 2011: 

Spike, seun van Mike Myers.

Haven Garner, dogter van Jessica Alba en Cash Warren, ook Honor Marie se babasussie – dié tweetjies se ouers hou duidelik van alliterasie.

Ook ‘n paar 2011-boorlinge se name is so gewild, hulle sal heel moontlik in die toekoms ‘n paar naamgenote hê:

Arabella, dogter van Ivanka Trump. En Flynn, naam waarop Miranda Kerr en Orlando Bloom besluit het.

Die wortels word gegrawe:

Penelope Athena, dogter van die 30 Rock-ster Tina Fey. Sy het Griekse voorsate.

En dan is daar ‘n paar vreemde name wat altyd, wel, vreemd sal bly:

Aleph, seun van Natalie Portman.

Agnes Lark, dogter van Jennifer Connelly en Paul Bettany .

‘n Ietwat ligte naam komende van so ‘n harde rock chick:

Willow Sage, dogter van Pink.

Een vreemde naam waarby die wêreldvolk dalk eendag sal aanklank vind:

Bingham (Bing) Hawn, seun van Kate Hudson.

Met dié middelname kan die tienerjare se moeilikheidsgraad taamlik styg:

Mirabella Bunny, dogter van Bryan Adams.

Vanwaar dan nou dié inspirasie? Moroccan Scott, seun van Mariah Carey en Nick Cannon.

Swaar sal hulle die familienaam dra:

Waylon Albert, (bynaam: Blackjack), seun van Drea de Matteo en Shooter Jennings.

Bekendes wat in 2012 sal moet naam kies:

Die babaseun van Ben Affleck en die baba van Beyonce en Jay-Z.