Om te dink die vloede wat die afgelope ruk verwoesting oor die laer dele van die aarde gesaai het – van Suid-Amerika, bo-oor Suid-Afrika tot in Australië en selfs boontoe tot in die Filippyne – is alles ’n meisiekind se skuld.

Ja dis alles die werk van La Niña, Spaans vir klein dogtertjie en die sussie van die seuntjie, El Niño. Dis La Niña wat veroorsaak dat weerstelsels oor die wêreld heen nou heel deurmekaar geklits is.

Die vloede dra almal tipiese La Niña-kenmerke.

El Niño en La Niña is die gevolg van ’n natuurlike proses in die Stille Oseaan wat van tyd tot tyd gebeur, bekend as die Suidelike Ossilasie, wanneer die natuur probeer om die ewenaar en die Suidpool se water- en lugtemperature in balans te bring.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 27 Januarie 2011