Ná groot debatvoering om die “wondersyfer” te kry is daar eindelik om een besluit wat verder bespreek en uitmekaar getrek gaan word. Die voorgestelde minimum loon is R20 per uur oftewel R3 500 per maand. Die verandering behoort glo binne die volgende twee jaar geïmplimenteer te word en kleinsake-ondernemings kan tot drie jaar gegun word om hul hierby aan te pas.

Vrese dat die hoër minimumloon tot groot werkverliese gaan lei, is ook deur Ramaphosa aangespreek.
Meer as die helfte van die werkende groep Suid-Afrikaners het op minder as sowat R 1000 per maand oorleef.
“Wat ons nou het, is ’n nommer waarmee ons kan werk; besighede, arbeid en die unies kan dit nou debatteer,” maak Ramaphosa duidelik.
“Is dit ’n loon waarop iemand kan oorleef? Nee, dit is nie, maar dit is ’n manier waarop ongelykhede met betrekking tot lone in SA aangespreek kan word,” sê Ramaphosa.

Bronne: eNCA; EWN