Nee, die EFF-leier, Julius Malema is nie self vir ’n spoedoortreding vasgetrek nie, maar moes homself hof toe karwei nadat sy bestuurder glo vir ’n spoedoortreding vasgetrek is en boonop geweier het om vir ’n verkeersbeampte af te trek.

Juju se jaagduiwel-bestuurder is betrap waar hy teen ’n blitsige 187 km per uur op die N1 bestuur het. Die voorval het Maandag omstreeks 06:15 plaasgevind.

Die bestuurder is mettertyd by die tolhek buite die Vrystaatse dorp Parys gearresteer.

Volgens Kabelo was daar drie mense in die kar en Malema en die ander man is vandaar na die hof waar Malema in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn het en sy saak na Maandag 5 Junie 2017 uitgestel is. Die vuurvreter-partyleier wil die saak na die konstitisionele hof neem. Die bestuurder is tans by die polisiekantoor. Volgens News24 sal Malema nie aandadig gehou word op sy bestuurder se aksies nie. Gerugte het aanvanklik die ronde gedoen dat Malema die skuldige party is, maar hy het sy kant van die saak vinnig op Twitter gestel en getwiet: “Die berig dat ek die een is wat vir ’n spoedoortreding gearresteer is, is absolute nonsens, ek sal in die Bloemfonteinse landdroshof wees . . . ”