Joeliana Oelianowa (22) het die kitskosrestaurant in die Europark-inkopiesentrum in Archangelsk in noordwes-Rusland besoek, waar sy ’n Big ’N Tasty-burger met skyfies bestel het.

Maar toe sy en haar vriendin Daria Tretiakowa (23) by die huis kom, het hulle die skok van hul lewe gekry. Joeliana het gesê: “Ek wou net ’n hap vat toe Daria gil en na my burger wys. “Op ’n stuk kaas en deels verbloem deur blaarslaai was ’n aaklige swart spinnekop.

'Dit het soos ’n harige olyf gelyk.'

“Dit was net kleiner as my vingernael en het soos ’n harige olyf gelyk.

“Ek kon dit nie glo nie.”

Die twee het die spinnekop afgeneem om by die McDonald’s-tak te gaan kla.

Bronne: Mirror.co.uk, Metro.co.uk