Maar, as Bob as voorbeeld kan dien, voel ons brakke net so gemaklik in die geselskap van enige ander spesie.

Die golden retriever uit Brasilië is vinnig besig om, danksy sy trop beste vriende – 8 voëls en ’n hamster – opgang te maak as ster op Instagram en Facebook.

Die vreemde klomp is onder meer afgeneem waar hulle saam ’n uiltjie knip en Bob het ook gespog met sy talent om roerloos te bly terwyl sy hamstermaat op sy neus gebalanseer is.

[post-slider]