A post shared by ? marie. (@extractbieber) on

Die sanger van Sorry het onlangs die koerantopskrifte gehaal met sy gedrag, en selfs aan ’n bewonderaar gesê sy maak hom naar toe sy probeer om ’n selfie saam met hom te neem.
Die jongste voorval was toe paparazzi probeer om ’n geselsie met Justin aan te knoop terwyl hy die sonskyn op Richard Branson se hartvormige eilandoord in die Noosarivier in Queensland teen $5 500 (R72 225) per nag vir vier gaste geniet het.

Die 23-jarige sanger toer tans in Australië en het nie goed gereageer toe sy wegbreektyd onderbreek word nie.

Op videobeeldmateriaal wat deur Australië se 7News bekom is, kan ’n mens sien hy sê hulle moet “wegf*k” voor hy met albei hande die middelvinger wys. Hierdie vuilbekuitbarsting kom enkele dae nadat hy ’n skandaal veroorsaak het deur op Saterdag 11 Maart in Melbourne te weier dat daar ’n foto van hom saam met ’n 20-jarige bewonderaar, Sabah Helal, geneem word. Die popsanger was op pad na sy motor toe nadat hy kos gekoop het toe Sabah op hom afstorm. Die sanger van Baby was duidelik nie beïndruk deur die feit dat sy hom nie gaan toelaat om in vrede te eet nie, en snou haar toe: “Jy moet respek hê op (sic) my. Kyk hoe lyk jy. Jy maak my naar!”

Sabah het ná die voorval aan die koerant Herald Sun gesê: “Hy was nie in ’n goeie bui nie en hy was nie van plan om ’n foto saam met my te neem nie. Ek het hom gesê ek gaan in elk geval die foto neem.” Die ster was die laaste paar maande baie kortgebaker oor sy bewonderaars se gedrag. Een van sy aanhangers het in November verlede jaar tydens ’n voorval in Praag, in die Tsjeggiese Republiek, Justin se broek afgetrek en ’n lyfwag moes hom haas om die verleë sanger te red.

Kameras het Bieber ook in Junie verlede jaar opgemerk waar die popster met ’n man worstel wat ’n hou na hom gemik het terwyl hy in Cleveland, Ohio, na ’n basketbalwedstryd gekyk het. Omstanders moes die sanger en die man van mekaar af wegtrek.

© Cover Media