Toe hy Woensdag met ’n witblonde borselkop gewaar is, was dit nie sy sowat R9 000 se sweetpakbroek of die nuwe haarstyl wat sy aanhangers twee keer laat kyk het nie.

’n Vreemde nat kol op sy sweetpakbroek het mense aan die gis gehad. Het die man dalk ’n glips gehad?

Justin moes die skinderbekke met ’n verduideliking op Twitter snoer.

“Iemand het vir my blomme gegee. Ek het bestuur en water het op my mik gemors toe ek om ’n draai gaan. Dit pla my nie as dit julle almal lekker laat lag het nie.”

jbtweet

Hy het die foto gedeel saam met ’n skermgreep van Adam Sandler in ’n toneel uit Billy Madison (1995). Adam se karakter begaan doelbewus ’n badkamerflater en regverdig dit so: “Jy’s nie koel . . . voor jy nie jou broek natgemaak het nie.”

jbadamuse

Justin vier op 1 Maart sy 23ste verjaardag. Hy geniet intussen ’n blaaskans van sy Purpose-wêreldtoer, wat weer op 6 Maar in Perth, Australië, sal voortgaan.

© Cover Media