"Prins George maak altyd hoofopskrifte met sy uitrustings," het die skrywer vir Mashable laat hoor. "Op die oomblik is hy is die fassinerendste publieke figuur ter wêreld.

"Hy's 'n baba. Hy het nog niks in sy lewe vermag nie. Baie soos ek. Ek is dus perfek hiervoor."

Daar is net iets wat mense na Prins George toe aantrek, het die jong joernalis besin.

"Dit kan natuurlik die hele 'koninklike ding' wees. Miskien is dit sy aksent? Ek het dit nog nooit gehoor nie, maar soos ek verstaan, is dit nogals cool. Maar ek sal daarvan hou om te dink dit is dalk iets anders; iets meer. 'n Ondefinieërbare George-faktor, as dit moet. Ek is vasbeslote om uit te pluis wat dit is."

Daarom het Max beslag gelê op soveel van die klein prinsie se ikoniese uitrustings as kon - selfs die oorpak met die seilbootjies op.

Nodeloos om te sê dit lyk nie of Max die modewêreld binnekort op horings gaan neem met sy "Prins George-effek" nie. Die voorliefde vir die jong koninklike se uitrusting gaan vir nou nog bly in die hande van gretige mammas wat graag hul sproetjies soos Prins George wil aantrek.

Ten minste het Max 'n les hieruit geleer. Wel, soortvan.

"Wat ek dink ek geleer het, is dat om 'n koninklike baba in 2015 te wees...beteken nie eintlik iets nie." Bron: Mashable