Die veroordeelde moordenaars Christoff Becker en Frikkie du Preez se parool kan dalk heeltemal opgeskort word en terugkeer tronk toe, berig Beeld.

Volgens die dagblad kan die departement van korrektiewe dienste (DKD) hulle dwing om die res van hul vonnis agter tralies uit te dien, wat tot vyf en ’n half jaar elk kan wees.

Ingevolge die Wet op Korrektiewe Dienste mag die DKD hulle vir 72?uur aanhou totdat die ondersoek na die video-opname, wat Sondag op Rapport se webtuiste gepubliseer is, afgehandel is. Die 72?uur verstryk Woensdag-middag.

Beeld berig dat as die ondersoek bevind dat die twee hulle skuldig gemaak het aan wanpraktyke in die tronk, kan hul parool herroep moet word en dat hulle die res van hul vonnis moet uitdien.

Daar is onder meer in nuusberigte beweer dat dat Becker en Du Preez in die vyf en ’n half?jaar agter tralies bederf is met wegneemetes, satelliet-TV, lang sessies in die gimnasium en na glo drank.

Bron: Beeld.com