[caption id="attachment_119055" align="alignnone" width="600"]Stefan Ludik en Anelle Bester saam by die Sonskyn Beperk-premiere. Foto: Vernondo Boshoff Photography Stefan Ludik en Anelle Bester saam by die Sonskyn Beperk-premiere. Foto: Vernondo Boshoff Photography[/caption]

Hulle was verlede week saam by die Gautengse première van die fliek Sonskyn Beperk.

Stefan, wat Woensdag (2 Maart) sy laaste verskyning as dr. Gustav Kemp in die kykNET-sepie Binnelanders maak, het by navraag aan Huisgenoot gesê hulle is net goeie vriende.

Lees ook: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe

“Ek ken Anelle al van Binnelanders se dae af en het haar as ’n vriend vergesel en ondersteun.”

Stefan is deesdae hard besig om gehore saam met sy groep Elvis se Seun te vermaak.

Anelle was in 2012 as Tineke Mostert in Binnelanders te sien.

Lees ook: Jy sal nie glo wat 7de Laan se Altie nou gaan doen nie!

In Sonskyn Beperk speel sy Anya, wat ná drie jaar in New York inderhaas terugkeer na Suid-Afrika om haar hardkoppige pa, Marius (gespeel deur André Roothman), by te staan om hul familieplaas van ondergang te red. Dis ’n wedloop teen tyd en omdat kommunikasie tussen hierdie twee hardkoppige vuurvreters verbrokkel het, is dit ’n opdraande stryd vir pa en dogter.

Aan die anderkant van die inkomste-spektrum is die pierewaaier-rokjagter Ruan (gespeel deur Neels van Jaarsveld), wat van sy plek in die familiebrouery ontneem kan word, juis omdat sy kop nie altyd by besigheid is nie. Toe Anya en Ruan se wêrelde met mekaar bots, begin die vonke behoorlik spat. Sonskyn Beperk begin in Maart in teaters draai.

– Marisa Fockema

Ander stories op Huisgenoot.com

Jy sal nie glo hoe 7de Laan se Bart deesdae in Amerikaanse reeks lyk nie

‘Bid asseblief,’ pleit ma van vierjarige wat om sy lewe veg

Dapper vrou red haar man met geweld uit krokodil se kake

Moet ek my baas in sosiale media bevriend? Hier’s wenke oor aanlyn etiket

WhatsApp verdwyn eersdaags van sommige selfone