Die aktrise Amber Heard, wat midde-in ’n skeisaak met die akteur Johnny Depp is, het ’n skouer gevind om op te huil. En dit op die breë skouers van die Suid-Afrikaans gebore miljardêr Elon Musk.

[caption id="attachment_132388" align="alignnone" width="600"]Amber Heard (Foto: Nicky Nelson/WENN.com) Amber Heard (Foto: Nicky Nelson/WENN.com)[/caption]

Amber het in Mei 2016 die Pirates of die Carribean-ster vir ’n egskeiding gedagvaar en so die bal aan die rol gesit om hulle 15 maande lange huwelik te beëindig. Sy het ook in sosiale media ’n storm ontketen toe sy Johnny van huishoudelike geweld aangekla het.

Hulle egskeiding is nog nie deurgevoer nie, maar terwyl die paartjie tot ’n skikkingsooreenkoms bereik, het Amber het heelwat meer tyd saam met die Tesla Motors-skepper Elon gespandeer, berig TMZ.com.

Lees ook: Kyk net watter bekende het die ‘mooiste gesig ter wêreld’

Bronne het aan die publikasie verklap die blonde skoonheid ken die sakemagnaat al jare, maar het in die afgelope tyd heelwat meer van sy geselskap geniet . . . die twee het glo onder meer vandeesmaand ’n intieme aandete by sy huis in Los Angeles gehad.

Amber en haar suster Whitney het volgens berigte boonop sy gasvryheid geniet in Miami, in die Amerikaanse deelstaat Florida, waar hulle na bewering verlede naweek in sy hotelstrandhut gebly het.

Mense in die twee se binnekring sê glo Amber (30) en Elon (45) gaan nie amptelik uit nie, maar hulle het glo in die afgelope paar weke nader aan mekaar beweeg.

Die nuus kom in die week nadat die hof aan Johnny toegestaan dat het die besonderhede van Amber en Johnny se eskeiding onder ’n dekmantel moet bly.

Die 53-jarige akteur het geweier om sy finansiële besonderhede met die regspan van sy vervreemde vrou te deel totdat sy nie ’n vertroulikheidskontrak geteken het wat kan verhoed dat die inligting aan die publiek uitgelap word nie.

Intussen is Elon ook weer enkellopend nadat sy aktrise-vrou Talulah Riley hom weer in Maart om ’n egskeiding gedagvaar het.

Elon en sy eks het die eerste keer in 2012 die handdoek ingegooi nadat hulle vir 18 maande getroud was; hulle het weer in Julie 2013 strop om die nek gekry.

Elon het toe weer op oujaarsaand in 2014 sy vrou vir ’n egskeiding gedagvaar, maar die paartjie het verlede Augustus die hof versoek om die dagvaardiging af te skaf. Die vreugde was egter van korte duur en het net gehou tot Talulah vanjaar weer nuwe egskeidingsdokumente ingedien het.

© Cover Media