Kinders tel taalgebruik op terwyl hulle groter word en sommige woorde kan erg aanstoot gee. Anders as met kleuters, weet ouer kinders gewoonlik dat mense vloekwoorde as beledigend ervaar. Ouer kinders is geneig om te vloek om te wys hulle is nou groot. Hulle probeer ook inpas by die koel kinders en koel taalgebruik.

Die opvoedkundige sielkundige Melanie Hartgill sê ouers moet kalm bly en nie oorreageer wanneer hulle met ’n kind wat vloek te doen kry nie. “Hoe meer jy ’n ophef daarvan maak, hoe meer sal die kind geneig wees om die gedrag of woord ter wille van die aandag te herhaal,” sê sy.

Hoe help jy jou kind die vloekwoorde los?  

  • As jy baie vloek wanneer jy kwaad is, dink aan ander woorde waar. Druk jou frustrasie uit in woorde wat minder aanstoot gee wanneer jou kind in die omte is.
  • Moedig jou kind aan om sy frustrasie uiting aan sy frustrasie te gee met ander woorde.
  • Dalk het jou kind die vloekery aangeleer van TV kyk of na sekere liedjies luister. Verduidelik dis nie aanvaarbaar  om woorde wat aanstoot gee te gebruik nie. Melanie stel voor jy moet verduidelik jy hou nie daarvan om vloekwoorde te hoor nie omdat dit mense se gevoelens kan seermaak. “As die vloekery nie end kry nie, moet jy jou kind inlig, daar sal ’n straf wees as hulle daarmee voortgaan.”
  • Skryf huisreëls voor. Sê jou kind ’n vloekery sal nie in die huis geduld word nie. Maak dit ’n vloekvrye ruimte. “Daar is ook ’n verskil tussen vloek in die algemeen of vloek op iemand en vloekwoorde te gebruik om iemand seer te maak. Maak dit duidelik dat jy geensins mondelinge mishandeling in die huis gaan duld nie. Niemand mag toegelaat word om iemand anders te beledig of mondelings te mishandel nie,” sê Melanie.
  • Pleks dat jy jou kind direk straf wanneer hy vloek, kry ’n “vloekfles”. En elke keer dat sy vloek, moet sy ’n rand in die fles gooi. So sal jou kind meer let op wat sy sê.
  • Die skrywer Judy Gruen sê as ouer moet jy die begrip “koel wees” vir jou kind herdefinieer. Tieners dink vloek is koel. “Dis jou taak om vir hulle te wys hoe onkoel dit werklik is (om te vloek).” Verduidelik vir jou kind sy gevloek gee aanstoot en dat dit ’n slegte beeld van hulle skep.
  • Kinders vloek ook om aandag te kry. Hulle dink hulle kan so onmiddellik aandag kry en vir jou wys hoe ontsteld en gefrustreerd hulle is. Volgens Melanie daag ouer kinders die perke uit. Hulle kyk wat die ouer se reaksie is wanneer hulle vloek. Moenie oorreageer en kop verloor nie. Praat rustig met jou kind.
  • “Moenie jou kind konfronteer as hy of sy kwaad of ontsteld is nie; wag tot hulle kalmer is en voer ’n rasionele gesprek,” sê Melanie.

-Katlego Mkhwanazi

Ekstra bron: judygruen.com