Ons het onlangs ons SuperMa’s op Facebook gevra hoeveel keer per week hulle wegneemetes of ongesonde kos eet. Hier is hul antwoorde.

Wat SuperMa’s dink:

Bekkie Helberg Pienaar My kinders hou nie van wegneemetes nie. Hulle verkies gekookte kos.

Tersia Meyer Dalk een keer per maand.

Tania Robb Een maal, of op die meeste twee maal, per maand. Dit is te duur en boonop ongesond.

Adeline Carstens Amper elke naweek.

Christelle van Heerden Elke Woensdag vir klein Saterdag.

Christine Mostert Een keer in omtrent drie of vier maande. My man hou nie van gemorskos vir aandete nie en ek het 11 jaar in die hotelbedryf gewerk; ek weet wat in kombuise aangaan. Ons eet ook bitter min uit; ek kook liewer ’n lekker gesonde ete by die huis!

Melisca Coetzee Een keer per maand, gewoonlik pizza. Ek is ’n vegetariër.

Sunet Becker Elke naweek, as pizza as ongesond tel. Ons eet heelweek gesond en kan dus maar naweke ’n bietjie stout wees.

Anneke Kruger Dit hang af van hoeveel werk ek het en tot hoe laat ek werk. Maar ek probeer my bes om nie kitskos te koop nie. Lindy van Wyk Nie baie nie, dalk twee keer per maand. Ericka Du Plessis Cory Een of twee keer per week. Verwante artikels:

Kitskos: die slim keuses

Leer jou kind om gesond te eet 

Wenke vir ’n gesonde kosblik

Heilsame kitskos tuis