Wat SuperMa’s dink:

Blanche Prinsloo Verseker! Het darem 'n oulike dokter wat my nou maar voorskrif gegee het! Het die 1ste 11 dae 6kg verloor en staan stil ever since! Dis nou amper 5 jaar! Moet dit seker aanvaar!

Luzanne Barnard Ek het 2 kids 13mnde uit mekaar. Het met elke swangerskap 30kg op getel en gewig vinnig weer verloor, maar my lyf is glad nie meer dieselfde nie, al weeg ek ligter. My kinders is nou 3 en 4.

Lizane Jacobs Ons praat nie daaroor nie. Iets om van naar te word.

Theresa Maree Sukkel nog steeds en my kind is al 5. Sukkel ook om weer swanger te raak. Dink dit moet verwant wees.

Alida Erasmus Het my 9 maande gevat om 22kg met swangerskap op te tel en presies 9 maande om al 22kg te verloor. Borsvoeding het baie gehelp (tot en met 6 maande geborsvoed) en daarna net nie tussen in maaltye geeet nie en eet ook nie baba se oorskiet kossies op nie. Eks reg vir die bikini-seisoen

Wilma Von Graszouw Sukkel nog steeds.

Erika Lubbe ek het twee kinders en het geborsvoed, die kilos het some self af geval en het nog meer verloor as wat ek op getel het.

Antionet Martin James Nee, glad nie.

Carin Erasmus Jv Rensburg Sukkel nog steeds!

Lindy van Wyk Sukkel na my derde, want ek het di pil gebruik en 12kg opgetel na haar. Lorinda Van Vollenhoven Ek het met al twee my dogters ’n  keiser gehad en nie geborsvoed nie met eerste een 2 maande toe weeg ek minder as voor haar geboorte en met tweede een 9 maande toe weeg ek wat ek voor swangerskap geweeg het. Sandra Loens Ja, baie! Sukkel nog steeds om my magie weg te kry en myne word nou al 7. Hoe om daardie ekstra vetrolletjies ná jou swangerskap af te skud

Jy het elke aspek van jou lewe om jou baba gevorm, en om na jou bondeltjie vreugde te staar kan jou nie gelukkiger maak nie. Maar kom ons wees eerlik, of jou baba ’n paar weke of ’n paar maande oud is, daar kom ’n punt waar ons ons weerkaatsing sien en wonder wat geword het van daardie vietse lyfie van voor ons swangerskap.

Nie almal voel onmiddellik die drang om weer hul lyf terug te kry nie; dalk voer jy eerder verwonderd dat jy nege maande hierdie lewe in jou gedra het. Of dalk voel jy net gelukkig omdat jy gesond is. Maar sou jy die begeerte hê om ’n paar kilo’s af te skud en weer jou ou lyf terug te kry, gee Gareth Powell van Ultimate Sports Nutrition hierdie wenke:

  • Bly aktief: Dit is uitputtend om aan te pas by ’n baba in die huis. Jy gaan waarskynlik voel jy is oorweldig en het nog slaap nodig. (Moenie bekommerd wees nie, dit gaan net sowat 18 jaar duur!) Maar dit is steeds belangrik om aktief te wees. Al stap jy net om die blok, gaan jy voordeel daaruit trek.

  • Sluit jou baba in: Sluit jou baba by jou oefenroetine in. Gaan stap ’n ent met hulle in hul stootwaentjie – en probeer in die stap ’n paar strekke of ander bewegings doen.

  • Sluit by ander ma’s aan: Sluit aan by ’n oefengroep vir ma’s wat dieselfde doelwitte as jy het. Die motivering gaan jou jou fiksheidsdoelwit help bereik.
  • Bly op die regte spoor: Probeer wegbly van ongesonde kos (en dit waaraan jy jou tydens jou swangerskap oorgegee het) en fokus op voedsame kos.

  • Borsvoed as jy kan: Borsvoeding verbrand tussen 600 en 800 kalorieë per dag.

  • Begin stadig: As jy sedert jou baba se geboorte nie regtig geoefen het nie, moet jy dit in gedagte hou dat jou maagspiere effe swakker is en dinge aanvanklik rustiger vat.

  • Kry genoeg slaap: Dit klink dalk ’n bietjie vergesog vir ’n nuwe ma, maar dit is al bewys dat gereelde dutjies met gewigsbeheer help.

“Jy hoef nie jou huis of baba te verlaat deur te gaan gim nie. Jy kan by die huis oefen deur byvoorbeeld Pilates of joga te doen. Jy kan selfs ook in die huis met jou baba rondloop. Onthou, dieselfde leefstylreëls geld steeds: wees konsekwent in jou dieet en oefening en bly gemotiveerd sodat jy jou persoonlike doelwitte kan bereik,” sluit Gareth af.