Wat SuperMa’s dink:

Rosemary Lamb Sandham My dogter van 16 doen Ju-Jitsu en Cage fighting. en my seun speel Golf En Rugby hy is 15.

Magda Ludick Altwee my kinders hardloop langafstande en landloop en gimnastiek. Volgende jaar wil hulle ook aan Judo deelneem.

Marizelle Strumpher Ons oudste enetjie hou van netbal e di jongste enetjie hou van dans.

Estelle Stella van Aardt Ringbal en rugby.

Antoinette Nettie Geerdts Meisiekind (14) hokkie, netbal, krieket en model. My seun speel (8)rugby en sokker.

Stefnie Nel Ringbal, krieket en hengel!

Sonja Buitendag Atletiek, netbal, rugby, hokkie, swem, landloop en krieket.

Tanya Mostert Sill Rugby, krieket, landloop, tennis en atletiek. Madre Engelbrecht Theron In die somer is dit swem, water polo en tennis. Wintertyd is dit dans en hokkie. Hannelie van Deventer Sagtebal. Hoe om die regte sport vir jou kind te kies

Dis geen eenvoudige taak nie, want een kind se droomsport is dalk ’n ander se nagmerrie.

Toe Johann en Nicolette Meiring van Springs se oudste seun, Keagan (13), in gr. 1 was, wou hy net rugby speel. Nicolette se^ die seuntjie se groot bou en krag het hom by die skool laat uitstaan. As ouers het hulle gevoel rugby is ’n gewilde sport en iets wat alle kinders ken en geniet.

‘‘Maar hy kon nie byhou met die oefening nie en was altyd laaste met alles. Hy is boonop by die skool geboelie. Ons het hom aan die begin ’n bietjie probeer druk, maar het besef hy is nie gereed om ’n toppresteerder te wees nie.”

Binne minder as twee maande het Keagan sy rugbyplanne laat vaar. Hy en sy jonger boetie, Kyle (9), het aktief gebly deur krieket in die agterplaas te speel, fiets te ry of te swem.

“Maar ek was moeg vir kinders wat Keagan boelie. Omdat hy ’n groot seun was, moes hy baie spot verduur. Hy het die krag gehad, maar die kleinste hartjie,” vertel Nicolette. “Ons het saam besluit op karate en die seuns na ’n karateskool gevat om dinge te gaan uitkyk.”

Dit het ’n rukkie se wik en weeg gekos, se^ sy. “Maar hulle het self besluit hulle wou dit doen; die tyd was reg …

Die leviete is wel voorgelees voor die duur uniforms gekoop is en daar geen terugdraai sou wees nie. Maar ek het ook gese^ as hulle ’n ander sport ontdek waarvan hulle meer hou, sou ons dit tog kon oorweeg om die karate te laat staan.”

Die geheim agter die kies van ’n sportsoort, glo Nicolette, is om kinders self die keuse te laat maak. “Omdat ons hulle self laat besluit het wat hulle wou doen, presteer hulle nou.

Vandag is Keagan baie in sy noppies met sy keuse van destyds. Sy sensei (leier) is sy held en volgende jaar wil hy ekstra karateklasse bywoon en oorsee gaan meeding.

Tot dusver het Keagan al aan tweetoernooiedeelgeneemen hy het onlangs sy geel belt gekry. Hy spog reeds met ’n rits sertifikate en medaljes. Kyle het verlede jaar aan sy eerste kampioenskapsbyeenkoms deelgeneem. Niemand het in sy ou- derdomsgroep deelgeneem nie en hy moes baklei teen seuns wat twee jaar ouer as hy was. Dit was ’n opdraande stryd en die trane het gerol toe hy in sy heel eerste toernooigeveg ’n vuishou in die mond kry.

Nicolette waarsku: “Dit is soms moeilik vir ouers, maar ’n mens moet maar op jou tande byt en terugstaan en kyk, al weet jy jou kind gaan verloor of ’n paar klappe kry. Hulle kom gewoonlik sterker anderkant uit. En dit was goed vir Kyle … hy was dapper en wo´u´ dit doen!”

By dieselfde geleentheid het ouboet Keagan medaljes verower vir die twee tweede plekke wat hy onderskeidelik vir gevegskuns en kata behaal het. ‘‘Kyle het niks gewen nie en sy hart was baie seer, maar Keagan het hom vreeslik jammer gekry en gese^ hy was baie dapper om sy man teen die groter seuns te staan en nie weg te hardloop nie. Toe ons daar wegstap, het hy sy een medalje afgehaal en dit om Kyle se nek gesit. Toehet elkeen ’n medalje!” Ewe verstommend, se^ Nicolette, is hoe haar kinders selfvertroue gekry het. “Keagan wil ook weer begin rugby speel. Hy het dit self besluit.” Jou kinders se sportkeuse hoef nie ’n tameletjie te wees nie. “Ek sal hulle altyd ondersteun en motiveer; hulle weet dit, maar hulle weet ook ons is streng. Hulle dink mooi voor hulle besluite neem. Ek se^ gereeld vir hulle: ’n Mens is altyd reg – of jy dink jy kan iets doen of jy dink jy kan nie!” Nicolette se wenke aan ouers

  • Laat jou kind self ’n sport kies en vergeet van wat jy in gedagte het.?S Moenie jou kind dwing nie, anders sal hy net die sport begin haat.
  • Leer hulle om te voltooi waarmee hulle begin het.
  • Moenie hulle van die kant van die sportveld af verskree nie.
  • Ondersteun al jou kinders ewe veel. Aanvaar dat die een altyd sal beter wees as die ander.
  • Oefen saam, motiveer hulle en wees trots op hulle.
  • Leer hulle dat wen nie alles is nie en dat, as hulle hul bes gegee het, hulle goed kan voel, ongeag wat hulle bereik.
  • Vertel hulle agterna waar hulle kan ver- beter, maar ook net as jy regtig weet en nie net dink jy weet nie. En prys tegelykertyd dit wat hulle goed doen.
  • Respekteer hulle en wees lief vir hulle net soos hulle is.
Verwante artikels

Kinders en sport: Moedig jy uitnemendheid aan of druk jy jou kind te hard? 

Wat dink julle oor kinders en sport?