Ons het onlangs ons SuperMa’s op Facebook gevra of hulle kinders 'n vaste tyd het wat hulle saans moet gaan slaap en hoe laat hulle in die bed moet wees. Hier is hul antwoorde.

Wat SuperMa’s dink:

Nicolene White Fourie 8 uur is slaaptyd in ons huis, my 3 jarige sal soms 7 uur, ander tye op die laatste 9 uur gaan slaap. Vroeg slaap is geensins 'n probleem, laat slaap beslis. My kinders slaap nooit later as 6 uur in die oggende nie, en somer maande is hulle al van 5 uur af op.

Estelle Stella van Aardt Verseker 20:00 elke weeksaand, naweke dalk 22:00.

Antoinette Venter My Oudste is Gr.1.Die dapertement van onderwys beveel aan dat kinders Gr1.-7 veral in die eerste 3 kwartale waar hul so baie leer, Saans 7h gaan slaap.My lewe is anders vandat ons dit begin doen het.7:30 op die laatse is my 2tjies in die bed.Hulle is vrolik en en vriendelik soggens en doen puik op skool!!

Ericka Du Plessis Cory Nee, maar na n besige dag by die skool en al die sport en die huiswerk is klaar, dan duik hulle self voor 9 al vir die bed.

Trudie Rautenbach Ja, roetine belangrik, 20h30 is dit slaaptyd, naweke wanneer hul wil.

Stefnie Nel 8 uur moet my kids in die bed. My 11 jarige laat ek toe tot so half 9 maar dan leer sy of lees boek. Adeline Carstens My 9 maande babaseuntjie slaap elke aand 19:00 en my 5 jarige dogtertjie 20:00. As sy gedurende vakansietye nog so bietjie langer wil speel stel ons dit uit tot so 21:00... Routine is vir ons baie belangrik. Steffie Fourie As ons 2 jarige nie teen 8pm reeds slaap nie, sleep ek hom more oggend met 'n gesukkel uit die bed. Soms so laat soos 7am. Skep ’n slaaptydroetine

  • Hou dié tyd van die dag kalm en stil deur ruwe spel en opwinding te beperk.
  • Doen ontspannende aktiwiteite saam soos tuin natmaak, legkaart bou of I spy speel.
  • Probeer aandete elke aand op dieselfde tyd voorsit en dieselfde aktiwiteit tot slaaptyd doen, soos boek lees.
  • Maak opruim deel van die roetine sodat hulle kan leer speelgoed en borde wegpak, is deel van ’n mens se slaaptydroetine.
  • Laat hulle jou help pajamas op die bed uitlê ter voorbereiding op aantrek en gaan slaap.
  • Laat hulle bad voor slaaptyd en sprinkel  ’n druppel laventel of kamille in die water. Beperk badspeelgoed tot eenvoudige stapelspeelgoed.
  • Draai hulle styf in ’n warm handdoek toe wanneer hulle klaar is en droog met diep, ferm hale af wat jou kind sal help ontspan.
  • Sing ’n gunsteling kalmerende liedjie voor slaaptyd.
  • Beproef ’n babamassering ná badtyd. Dit is een van die doeltreffendste maniere om enigiemand te laat kalmeer, ook kinders, en dit versterk die band tussen ouer en kind. Die Internasionale Vereniging vir Babamassering in Suid-Afrika (011-787-0681) kan nog inligting bied.
  • Speel kalmerende musiek soos wiegeliedjies.
  • Lees saam; dit kan ’n kalmerende oefening wees. Hou by ouderdomsgepaste stories of ou gunstelinge.
  • Sê ferm nag ná die laaste soen en drukkie terwyl jou kind nog “gelukkig wakker” is, nie lomerig of aan die slaap nie. Jy skep so nie die verwagting dat jy altyd by hulle sal bly. Dit kan later ’n probleem word, veral as hulle moet uitslaap of iemand anders hulle oppas.

-        Saamgestel deur Janine Nel en Dalena Theron

BRON: Sr. Ann Richardson is die mede-skrywer van die boeke Baby Sense en Sleep Sense en die skrywer van die boek Toddler Sense (Metz Press: 2011 nuwe uitgawe). Die bogenoemde wenke is in die boek te kry en Ann bied ook slypskole oor die onderwerp aan. Nog inligting: toddlersense.co.za.