Wat SuperMa’s dink:

Chantel Mostert Om elke dag ’n voorbeeld vir my kinders te wees; kinders doen wat hulle wil en nie wat jy sê nie.

Tersia Meyer Manlief werk weg van die huis af. Dit is soms moeilik om kinders “alleen” groot te maak.

Stefnie Nel Om my kinders die wysheid te leer om die regte besluite te maak.

Yolanda Peens Om seker te maak ek is regverdig met hoe ek my seuns hanteer. Ek het in ’n huis grootgeword waar een kind voorgetrek is. Dit laat letsels en maak die verhouding met jou broers en susters baie moeilik.

Madelyn Nel Om altyd ’n goeie voorbeeld te wees.

Adri Marais Le Grange Om geduld te hê en my driejarige se terugpratery onder beheer te kry.

Ilse Barnard Heath My grootste uitdaging is my 11-jarige se gemoedskommelings en my agtjarige se baasspelerige houding.

Joanne Sands Human Om met elkeen van my kinders gehaltetyd deur te bring. Al drie is verskillende ouderdomme en het verskillende behoeftes. Die lewe is so gejaag; al is ek ’n tuisbly-ma, kom ek nie altyd werklik by elkeen uit nie. En wil ook ’n voorbeeld vir hulle wees. Ons streef mos maar altyd daarna om vir ons kinders beter mense te wees.

Jakkie Maartens Om geduld te hê met ’n baie aktiewe 18 maande oue dogtertjie wat ook nie altyd gehoorsaam is nie.

Rosemary Lamb Sandham My grootste uitdaging in dié stadium is om my aandag onder vyf mense te verdeel. Ek wens ek was SuperMa; elke kind het iets anders nodig. En om vir my tienerdogter nee te sê, want dis vakansie en sy wil net kuier.

Leann van der Merwe Om my voet neer te sit wanneer oumas en oupas inmeng wanneer daar gepraat en getug moet word!

Amanda Swartz Ek sukkel met my dogter en haar stemtoon. Sy het ’n baie direkte manier van praat wat ongeskik voorkom. Samantha Haskins Lottering Ek het drie dogters en probeer hulle geduld en respek leer, asook die verskil tussen reg en verkeerd. Natalie Fernandes-Anderson Om nie kwaad te raak in die publiek as my kind haarself sleg gedra nie. Verwante artikels:

Ma’s bieg oor hul diepste ouerskapsgeheime 

Watter tipe ouer is jy?