Wat SuperMa’s dink:

Nicole Ann Wells Papagni - Ja. Nie noodwendig net sport nie, maar dans ook; enigiets wat hulle fiks en gesond hou. Hulle moet een sportsoort of aktiwiteit beoefen.

Hlengiwe Mdletshe - Ja, dit verleng hul lewe.

Maryna Brand – My kind is nie baie sportief nie. Hy is dol oor kultuur; drama en musiek is sy lewe. Ons dwing nie ons kinders om iets te doen wat hulle nie wil nie. Hulle geniet speel, swem en fietsry.

Thelma Rosy Labuschagne - Absoluut! Dit is nie eens onderhandelbaar nie. Gelukkig is my kinders baie aktief en sportief; hulle neem elke seisoen deel aan sport by die skool en doen die hele jaar karate. ’n Luiaard sal nie deug nie!

Margo Oosterwyk – My seuns beoefen sport by die skool en ek en my man ondersteun hulle 100%. Dis baie belangrik!

Dis hoekom sport belangrik is vir jou kinders

Sport beoefen en tyd buite deurbring is ’n belangrike deel van kinders se gesonde ontwikkeling. Om fisieke aktiwiteit en goeie gewoontes van ’n vroeë ouderdom by kinders tuis te bring, kan hulle die vaardighede help ontwikkel wat hulle nodig het om later in hul lewe weer aktief te wees.

Wanneer kinders aktief is, kan hul liggaam doen wat dit moet. Hoekom? Want gereelde oefening hou die volgende voordele in:

• Dit bevorder gesonde groei en ontwikkeling.

• Dit bevorder sterk spiere en bene.

• Dit verbeter balans en ontwikkel vaardighede

• Dit help met gewigsbeheer.

• Dit verlaag die risiko vir tipe 2-diabetes.

• Dit help met slaap en ontspanning.

• Dit verbeter postuur.

• Dit verbeter hul uitkyk op die lewe en verbeter hul selfbeeld.

Gesonde, fisiek aktiewe kinders is ook meer geneig om akademies gemotiveer, wakker en suksesvol te wees.

Wat motiveer kinders?

- Kies die regte aktiwiteite vir die kind se ouderdom. As jy dit nie doen nie, kan die kind verveeld of gefrustreer word.

- Gee kinders baie kans om aktief te wees. Ouers moet aktiwiteite maklik maak, soos om hulle parke en ander plekke te neem waar hulle aktief kan wees.

- Hou die fokus op pret. Kinders gaan nie iets doen wat hulle nie geniet nie.

- Raak betrokke. Watter vaardighede hulle ook al moet oefen, of dit skop, slaan of gooi is, moet jy dit op ’n pret manier aanbied. Speel ’n paar speletjies in die agterplaas om die betrokke vaardigheid te oefen. Wys jou kinders jy gee om oor wat hulle doen.

Kliek hier vir meer inligting:

Kindersport: kies reg

Kinders en sport: Moedig jy uitnemendheid aan of druk jy jou kind te hard?

- Janine Nel

Bronne: sheknows.com, y-coach.com, myhealthylivingcoach.com