1.    Besluit op ’n ouderdom wanneer grimering aanvaarbaar sal wees

Alison Alston De Witt My dogter moet grimering dra vir haar danseksamens, maar ek sit dit self aan, en baie liggies. My man is baie outyds; ek dink sy sal tot 18 grimering dra. Sy is nou nege.

Sylvia Watson Beslis nie voor 16 nie!

Sinenhlanhla Snesh Ntobela Wanner sy dit self kan bekostig; ek sal dit beslis nie vir haar koop nie. Mietjie Visser Enige ouderdom, solank dit betaamlik is. Natasha Kisten-Skuce Tussen 16 en 18. 2.    Party ma’s laat net natuurlike grimering toe

Yolanda Friedenthal Daar is niks fout met maskara en lipglans vir tieners nie. Nicolene White Fourie Wanneer sy 18 is, en dan mag sy net natuurlike grimering dra. Amanda Savvas Saayman My oudste dogter is nou 14 (amper 15) en sy mag maskara en lipglans dra. Minder is beter en mooier. Wat ons kinders kan doen, is om ’n goeie velsorgroetine te handhaaf. Gebruik ’n dagroom en sonbrandroom. 3.    Maak seker sy kan die basiese doen Stefnie Nel Sy moet goeie velsorg-gewoontes hê. Daar is min dinge so mooi soos ’n vrou met gesonde vel. Jolene Lochner Beyer As ’n grimeerkunstenaar sal ek nie my dogter afraai nie. Die sleutel is matigheid; daar is ’n tyd vir alles. Ek sien baie jong meisies met oordadige grimering. Velsorg is ook ’n prioriteit. Vinnige wenke:

1. Besluit watter ouderdom is aanvaarbaar en hou daarby.

2. Oorweeg dit om jou dogter te wys (of laat ’n kenner haar wys) hoe om grimering reg aan te wend.

3. Net soos ander SuperMa’s moet jy jou dogter aanmoedig om natuurlike, ligte grimering te dra, en haar eers later vol grimering laat dra.

- Janine Nel

Bronne: circleofmoms.com, babycenter.com