Wat SuperMa’s dink:

Brigitta Nel Nee, hulle het hul eie tablet.

Anusha Dhanraj My tablet, ja, maar nie my selfoon en skootrekenaar nie.

Jewels Lebo Pole Hulle mag speletjies op my selfoon en iPad speel. Hulle is dol daaroor.

Charlene Bruyns Ja. Hulle moet dit in elk geval in gr. R begin gebruik; jy kan hulle dus in elk geval toelaat om dit by die huis te gebruik sodat hulle daaraan gewoond kan raak. Denise Edwards Oosthuizen Nee; hulle het genoeg speelgoed. Bernice Schutte My dogter is drie en het haar eie iPad. Ek dink nie dit is verkeerd nie; daar is so baie opvoedkundige speletjies vir hulle beskikbaar. Maar ons hou wel ’n ogie oor haar, want sy mag nie heeldag daarop speel nie. Verwante artikels oor die onderwerp: 

Tieners en tegnologie: Hoekom dit eintlik goed is! 

Handboek-vry skole: so werk dit 

Tien opvoedkundige apps vir jou kleuter

Monster Moogle – ’n prettige, opvoedkundige app vir jou kinders 

Vier lekker Afrikaanse apps vir kleingoed

Apps vir jou agies