Ons het onlangs ons SuperMa’s op Facebook gevra of hulle hul kinders inent. Hier is wat hulle gesê het. Wat SuperMa’s dink:

Suzy Oliveira Neves: Absoluut. Ek meen dit is onverantwoordelik om dit nie te doen nie.

Hlengiwe Mdletshe: Ja, dit is baie belangrik.

Renette Havenga: Almal, dit moet verpligtend wees. Dit gaan nie keer dat jou kind siek word nie, maar dit sal hulle help om dit te oorkom. Dit is belangrik. Net my sesjarige moet nog ingeënt word. Hanri Dreyer-Wright: Beslis! Dit om wees om dit nie te doen nie. Tania Robb: Nee!!! Vyf belangrike redes om jou kind in te ent: 1.    Dit kan jou kind se lewe red - Inenting beskerm kinders van ernstige siektes en komplikasies soos amputasie of verlamming van ledemate, gehoorverlies, toevalle, breinskade en die dood. 

2.    Inenting is baie veilig en doeltreffend - Alle entstowwe word lank en uitvoerig getoets om te verseker dat dit veilig is. Inentings veroorsaak wel ’n bietjie pyn en ongemak tydens die inspuiting, maar dit is minimaal vergeleke met die pyn, ongemak en trauma van die siektes wat dit voorkom.

3.    Dit beskerm die mense vir wie jy omgee - As kinders nie ingeënt word nie, kan hulle siektes oordra een kinders wat te jonk is om ingeënt te word of mense met verswakte immuunstelsels, soos kankerlyers en mense wat organe ontvang het. 4.   Inenting bespaar tyd en geld - Party entstof-voorkombare siektes kan lei tot langdurige gestremdhede en kan ’n finansiële tol eis as gevolg van verlore tyd by die werk, mediese rekeninge of langtermyn-sorg. 5.   Dit beskerm toekomstige generasies - Ons het almal ’n verpligting teenoor ons gemeenskap om mekaar en ons kinders te beskerm deur ingeënt te word. Inentings het party siektes verminder, en in party gevalle heeltemal uitgeroei, wat mense ’n paar generasies gelede doodgemaak of ernstig vermink het. As ons hiermee aanhou, kan ons verseker dat sekere siektes in die toekoms nie meer ’n bekommernis sal wees nie. Klik hier vir nog inligting en raad oor inenting:

Hoekom jy by ’n inentingskedule moet hou 

’n Inspuiting teen kanker

Alles wat jy moet weet oor die MPV-intenting