de.

What SuperMa’s dink:

Jessica Verwey Juis om dit alleen te kan doen en te slaag! Ook om die huis aan die gang te kan hou; dis ’n SuperMa!

Henriette Jacobsz Groesbeek Om dissipline te handhaaf. En die tyd is te min vir alles wat gedoen moet word. Daar is niemand om te help met onder meer bad, skoolwerk en skoolaktiwiteite nie. Vir ’n ouer wat heeldag werk, kan dit partykeer een te veel wees. Maar buiten dit is ek steeds lief vir my kind.

Felicia Fourie Ek stem volmondig saam met die ander ma’s: Die moeilikste is dissipline en hoe om dit konsekwent te handhaaf. Ek werk voltyds en kry bitter min ruskans. Maar ek ruil my voortiener vir niks.

Bernadine Delpaul Ek sal nie jok nie, party dae gaan dit maar ’n bietjie rof! Maar ek sal dit vir niks ter wêreld verruil nie. Ek geniet elke oomblik saam my dogtertjie. Tanika Vermaak Ek stem saam, dissipline handhaaf is die moeilikste. My seuntjie is vyf en ek is ’n enkelma sonder enige ondersteuning van die pa. Dit is moeilik, maar ek geniet al die liefde van my kleinman. Betsy Wiese Om twee tienerseuns groot te maak is ’n uitdaging op sy eie! Soms is dit maar moeilik om in beheer voor te kom, veral as jou seun kop en skouers bo jou uittroon! Hier is ’n paar wenke vir ouers wat ’n kind alleen moet grootmaak:

  • Toon liefde. Bring soveel moontlik tyd met jou kinders deur – laat elke oomblik tel. Onthou om jou kind te prys. Gee hulle onvoorwaardelike liefde en ondersteuning.

  • Skep ’n roetine. Hou slaap-, etens- en opstaantye konsekwent. ’n Voorspelbare roetine verleen struktuur aan jou dag em gee jou kind ’n gevoel van sekerheid.
  • Beheer jou geldsake. Dit is belangrik om mooi met jou geld om te gaan, oor langtermynbeleggings te leer, vir verdere opleiding en aftree te beplan en indien moontlik jou kwalifikasies aanvul.
  • Stel perke en wees konsekwent met dissipline. Verduidelik huisreëls en verwagtinge aan jou kind. Neem die voortou indien nodig en dissiplineer hulle konsekwent en billik.
  • Moenie skuldig voel nie. Moenie jouself blameer of jou kind bederf weens jou skuldgevoelens omdat jy ’n enkelouer is nie.
  • Sorg vir jouself en neem ’n ruskans. Herlaai jou batterye en sluit fisieke aktiwiteit by jou dagroetine in, eet ’n gesonde dieet en kry genoeg slaap.
  • Behandel jou kind soos ’n kind. Met die afwesigheid van ’n maat is dit soms aanloklik om op kinders te steun vir troos, geselskap of simpatie. Bring tyd deur saam met volwasse vriende en familielede. Jy kan ook ’n berader spreek indien nodig.
  • Bou ’n gemeenskap. ’n Sterk gemeenskap kan emosionele ondersteuning en ’n  gevoel van samehorigheid skep. Steun op geliefdes, vriende en bure vir hulp.
  • Bly positief. Dit is maklik om oorweldig te word deur al die verantwoordelikhede en eise wat met enkelouerskap gepaard gaan. Dit is oukei om eerlik met jou kind te wees as jy sukkel, maar herinner hulle dat alles sal reg loop. Probeer jou humorsin hou wanneer jy met jou daaglikse struikelblokke sukkel.

Verwante artikels oor die onderwerp:

Ontmoet iemand – raad vir enkelma’s

Hoe gemaak wanneer enkelma ’n skeerles moet gee?

Vind die balans

-        Janine Nel

Bronne: parenting.com, babycenter.com, childdevelopmentinfo.com, womansday.com