Ons het onlangs ons SuperMa’s op Facebook gevra of hulle hul kinders onmiddellik dokter toe vat as hulle siek is of hulle eers by die huis probeer regdokter. Hier is hul antwoorde.

Wat SuperMa’s dink:

Deidre Sharp Van Eck Dit hang af van wat fout is.

Lindie van Staden Aptekers se voorstelle het in die verlede meer gehelp as dokters s’n.

Ilze Coetzer Ek dokter my kinders self as dit nie ernstig is nie, maar as hulle teen die tweede dag steeds siek is, neem ek hulle dokter toe.

Suné Van Rensburg Ek gaan dadelik pediater toe; ek wil nie kanse waag nie.

Daleen Booysen Ek het nie medies gaan swot nie, en ek voel ’n mediese fonds moet gebruik word. Ek sukkel nie met tuisgemaakte stropies en boererate nie; as daar iets fout is, gaan ek dokter toe. Ek is dankbaar vir ons uitstekende mediese fonds en oulike huisdokter. En ek is gelukkig om ’n apteker vir ’n oom te hê; as ons nie naby ’n dokter is nie, kan hy help.

Allison Nicky Vd Walt Ek neem hulle dadelik dokter toe.

Ericka Du Plessis Cory Ek dokter hulle eers self en probeer antibiotika vermy.

Cezanne Hayward Van Rooyen As hulle koorsig is, gaan ek liewer dadelik dokter toe. Koors is altyd ’n teken van infeksie. Leandri Jordaan Bezuidenhout Ek probeer hulle eers by die huis dokter. Antoinette Nettie Geerdts Ek dokter hulle sommer self. Ek het ’n hele kas vol natuurlike produkte en boererate. My agtjarige seun was in twee jaar nie by ’n dokter nie en my 14-jarige dogter was op 11 laas by ’n dokter. Wanneer jy jou kind dokter toe moet neem

Om ’n siek kind van die pediater weg te hou kan meer skade as goed doen. Die pediater en hoofredakteur van die American Academy of Pediatrics’ Baby & Child Health, Jennifer Shu, stel voor jy kry mediese behandeling as jou kind die volgende het:

  • ’n Hoë, aanhoudende koors.
  • Asemhalingsprobleme, soos moeisame of harde asemhaling.
  • Aanhoudende pyn, soos oorpyn, keelseer, kwaai hoofpyn of maagpyn.
  • ’n Taai, dik ontslag in die oë wat die ooglede laat vassit en die deur die dag beter word nie.
  • Gereelde braking of diarree of as hulle nie genoeg vloeistof kan inhou om minstens een keer elke ses tot agt uur urien te vervaardig nie – dit kan ’n teken van ontwatering wees.
  • ’n Stywe nek, uiters min energie of as die siekte meer as vier of vyf dae lank versleg pleks van verbeter of dieselfde bly.
  • Blootstelling tot ’n aansteeklike siekte soos klierkoors, griep of waterpokkies.

- Saamgestel deur Janine Nel

Bronne: mayoclinic.org, about.com