Christelle Kapp My kinders bad saam, en hulle bad ook saam met my en my man. Hulle geniet dit.

Adri Marais Le Grange Myne bad saam met my en my man. Ek dink so van vyf af behoort hulle alleen te bad.

Anri Van Zyl Greyling Nee, onder geen omstandighede nie. Elke persoon het sy privaatheid nodig en my kinders bad alleen. My man gaan nie by die badkamer in wanneer my dogter bad nie en ek gaan nie by die badkamer in wanneer my seuntjie bad nie. So mag kinders ook nie by die badkamer ingaan wanneer die ander een bad nie. Dit leer hulle respek vir mekaar, asook privaatheid.

Helen Slabbert Ek het drie seuntjies onder die ouderdom van vyf. Ek sit al drie in die bad. Ek of my man bad al drie en trek hulle ook aan. Niemand bad of stort saam met my of pappa nie.

Glenda-lee De Bruyn Ja, ons bad soms saans saam met my sesjarige dogtertjie. Ons gesels oor die dag en sy hou van in die bad speel. Sy kan saam haar maats of niggies bad wanneer hulle kom kuier, maar mag nie saam seuns bad of ’n badkamer deel nie.

Ericka Du Plessis Cory Kinders van dieselfde geslag kan lekker saam bad – dis dan gewoonlik speeltyd, maar teenoorgestelde geslagte moet so op drie of vier geskei word. Toe my oudste seun ses word, het hy sy privaatheid gekry en was dit nie meer vir my nodig om hom te help hare was nie.

Berchelle Nieuwoudt Toe my seun begin “vrae vra”, het ek hom alleen laat begin bad. Hy en sy sussie het tot so ’n jaar gelede altyd saam gebad. Hy is nou vyf en sy drie. Ek en poplap sal nog saam bad. Chene Sharp Ek het twee seuns, Damian (4) en Xavier (1); hulle bad saam, maar ons bad nie saam met hulle nie. Damian weet hy mag nie inkom wanneer ek bad nie en hy verstaan al mooi dat seuntjies en dogtertjies nie saam in ’n badkamer mag wees nie. Ek dink dit is oukei vir kinders om saam te bad. Charlene Bruyns Haha! Hoe kry julle dit reg om onverstoord te bad? Die eerste ding wat by die deur uitvlieg wanner jy ’n ma word, is jou alleentyd. My dogter bad alleen; sy is 13 en het haar privaatheid nodig, maar sy vra soms dat ek by haar in die badkamer sit. Dan gesels ons oor alles en nog wat. My seuntjie is vyf en ek bad hom nog. Soms bad hy saam met sy pa en af en toe saam met my. My dogter en man het nog nooit saam gebad nie. Ek het nooit ’n ophef oor naaktheid gemaak nie; dus het my kinders nie vreemde vrae gevra nie. Ons respekteer wel mekaar se reg op privaatheid. Wel, behalwe wanneer ek stort of bad, want dan onthou die kinders skielik alles wat hulle vergeet het om deur die dag te vertel. Wanneer moet kinders alleen stort of bad?

1.    Wanneer hulle privaatheid soek. Jy kan jou kinders alleen laat bad of stort wanneer hulle privaatheid wil hê en jy seker is dat hulle hulle ordentlik kan skoonmaak. 2.    Wanneer jy seker is hulle sal veilig wees. Alleen bad kan gevaarlik wees omdat hulle kan verdrink, en selfs ouer kinders kan in ’n oogwink gly en val en in vlak water verdrink; daarom stel kenners voordat dat jy wag tot jou kind minstens agt is voor hulle alleen mag bad. 3.    Wanneer jy reg is. Wanneer jou kinders reg is, moet jy ’n glipbestande mat koop en jou kinders waarsku dat hulle nie in die badkamer moet speel nie. Verwante artikels:

Raak badtyd baas

Maak badtyd pret

-        Saamgestel deur Janine Nel

Bronne: parents.com, popsugar.com, babycentre.co.uk