Wat SuperMa’s dink:

Zanu Majiet-Salie My kinders het van jonk af gevlieg. My dogter het op ses maande die eerste keer gevlieg. Ek dink as jy voorberei is en weet hoe om kinders besig te hou, behoort dit eenvoudig te wees!

Gabriella Weber Beslis nie. My seun is twee en hy was onlangs tydens ’n besoek aan Kaapstad ’n nagmerrie. Ek dink kinders moet so op vyfjarige ouderdom begin vlieg. Teen daardie ouderdom verstaan hulle hul moet stilsit en hulle gedra.

Chantal Naidoo Ons het met ons sesjarige en ses maande oue baba gevlieg en daar was geen probleme nie. Ek het die baba soveel moontlik gevoer om met sy ore te help en genadiglik het alles goed afgeloop. Ek moet erken ek is nogal senuagtig wanneer ek met hulle moet vlieg, want mense is nie baie verdraagsaam teenoor kinders nie, veral ’n gillende baba  met seer ore.

Tharina Ackhurst My baba was ses weke oud en die vlug was 10 ure lank. Ons het geen probleme ervaar nie.

Jou baba se eerste vlug

Ideaal gesproke moet jou baba minstens twee of drie maande oud wees voor hulle vlieg. Dit gee hul immuunstelsel kans om sterk genoeg te raak om die kieme in ’n vliegtuig se ventilasiestelsel te hanteer.

Dit gee julle ook kans om ’n roetine vas te stel en die kuns van voeding te bemeester. As jy nie so lank kan wag nie, behoort jou baba ná hul tweeweke-ondersoek te vlieg – mits hulle heeltemal gesond is en jy ’n voltermyn-swangerskap sonder komplikasies gehad het.

’n Paar wenke: 

  • Op plaaslike vlugte kan babas jonger as twee jaar (24 maande) gratis vlieg, mits hulle tydens die vlug op jou skoot sit.
  • As jy internasionaal reis, kos ’n baba se kaartjie gewoonlik ’n tiende van volwassenes s’n plus belasting, al sit die baba tydens die vlug op iemand se skoot.
  • Baba-geriewe wissel van vliegtuig tot vliegtuig. Kyk op die lugredery of vliegtuig se webtuiste.
  • Jy mag tydens die vlug jou baba se motorsitplek gebruik.
  • Onthou jou kind se geboortesertifikaat.
  • Jou baba sal tydens die opstyging en landing gemakliker voel as hulle iets het om aan te suig; jy kan hulle borsvoed of ’n bottel of fopspeen gee.
  • Jy kan hulle ’n bietjie pynmedikasie vir babas gee as hul ore baie pla.
  • Wanneer jy oor tydsones heen reis, kan jy een horlosie stel op die tyd wat dit by die huis so; so weet jy wat jou baba volgende sal verwag.

-        Janine Nel Bronne: flyingwithababy.com, flysaa.com, travelforkids.com Verwante artikels: Superma: Baba se eerste vlug 

Wenke om met jou kinders te reis