Landdros Jethro Mosime het Louisa laatmiddag ná ’n lang dag borgtog geweier.

Adrian Nell, Louisa se regsverteenwoordiger, het aangevoer daar is in dié stadium geen bewyse wat Louisa regstreeks met Poppie se dood op 25 Oktober verbind nie.

Hy het bevraagteken hoekom die staat haar borgtog teenstaan nadat sy reeds twee maande op vrye voet is en lankal kon vlug as sy wou.

Adrian het bygevoeg die verhoor sal eers in 2017 plaasvind en Louisa het ’n vaste adres en huurkontrak. Verder het hy gesê Louisa se bejaarde ma, Susan Bothma, is afhanklik van haar en al het sy R41 000 in die bank, is hulle albei werkloos.

[caption id="attachment_151325" align="aligncenter" width="600"]Susan Bothma, ma van Louisa Koekemoer. Foto: Jacobus Ludick. Susan Bothma, ma van Louisa Koekemoer. Foto: Jacobus Ludick.[/caption]

Volgens Adrian kan nie net ag geslaan op wat die publiek wil hê nie.

Adv. Hanna Conradie, vir die staat, het aangevoer die hof moet in ag neem Louisa besit nie eiendom nie en daar is niks wat haar sou terughou as sy die pad sou wou vat nie.

Lees ook: Ondersoekbeampte ‘begin huil’ toe hy foto’s van Poppie se lykie sien

Volgens die staat moet baie bewyse nog ingedien word. Adrian het gesê die ondersoekbeampte, sers. Gift Matome, het getuig daar is foto’s van ’n “arme kind wat haar lewe verloor”.

Die aanklaer het aangevoer in al die jare dat hy staatsaanklaer is, het hy nog nooit ’n driejarige gesien wat so verniel is nie en nêrens het nie ma enigiets (van die beweerde geweld teen haar kind) aangemeld nie – nie op Orania, waar die gesin voorheen gewoon het, of op Brits nie.

[caption id="attachment_151363" align="aligncenter" width="600"]'n Vrolike klein dogtertjie. 'n Tragiese einde. 'n Vrolike klein dogtertjie. 'n Tragiese einde.[/caption]

Hy wou weet wat Louisa gedoen het om haar kind te beskerm. Al voer sy aan sy was bang, is haar kind na bewering oor ’n lang tydperk mishandel.

Hy het gemaan die publiek mag die reg in eie hande neem en iets aan Louisa doen nie, sou sy vrygelaat word, en gesê sy sal veiliger wees in aanhouding.

“Dit is die hof se plig om almal te beskerm,” het Hanna aangevoer.

Lees ook: ‘Die wiel draai!’ Poppie se ma toegesnou in hof – kyk video

Die landdros het in sy uitspraak gesê Louisa moes (voor die moord) die beserings aan haar kind se lyf kon sien, maar tog het sy dit nooit aangemeld nie.

Hy het aanvaar daar is in dié stadium geen bewyse wat haar regstreeks met haar kind se dood verbind nie, maar die feit dat sy van Poppie se beserings bewus moes gewees het, impliseer haar wel.

Hy het ook bevind as haar geld opraak, sal sy wel ’n vlugrisiko wees omdat sy nie vaste eiendom besit nie.