Die hofsaak teen die vermeende moordenaars is vir Vrydag verdere ondersoek uitgestel.

Johann (53) en Swazi (73), die eienaar van die wegneemeterestaurant Zebra Inn in Maboneng in Sentraal-Johannesburg, is op 7 Junie in ’n gewapende rooftog in die kroeggedeelte van die restaurant koelbloedig doodgeskiet.

Die twee vriende het die aand oudergewoonte hier saam gekuier toe die voorval gebeur.

Nkosiyazi Phungula (27), Ntobeko Hlatswayo (32) en Thembi Masethembe Mbatha (19) is ’n week ná die voorval vasgetrek en het Vrydag vir ’n derde keer in die hof op twee aanklagte van moord, die onwettige besit van ’n vuurwapen en roof verskyn.

Kapt. Richard Munyai, woordvoerder van die Jeppestownse polisiekantoor, het bevestig die ondersoek duur voort en dat nog verdagtes gesoek word.

“Die saak is uitgestel tot 11 Augustus vir verdere ondersoek.”