Twintig jaar gelede het ons verlief geraak op die karakters Jack en Rose in die film Titanic en saam getreur toe Jack dit aan die einde van die film nie oorleef het nie. 

Daarom was aanhangers van die fliek besonder opgewonde toe ’n foto van ’n reünie van drie van die hoofspelers, Leonardo DiCaprio (Jack), Kate Winslet (Rose) en Billy Zane (Cal Hockley) Woensdagaand die rondte doen.

Dit is tydens ’n jaarlikse veiling geneem wat deur Leonardo se stigting in St. Tropez in Frankryk gehou is. Dié organisasie is daarop gefokus om klimaatsverandering te beveg. 

Billy wat Rose se verloofde gespeel het, het ’n foto op Instagram gedeel waarby hy geskryf het: “Die span is terug bymekaar. Nou red ons ysberge. Wil jy nou meer...”

Billy het ook op Instagram gespog met die kuns wat hy aangeskaf het.

Die Titanic het in 1912 op sy nooiensvaart gesink en 1500 van die 2200 passasiers het saam die skip gesink toe dit teen ’n ysberg gebots het.

Die fliek was verantwoordelik vir die drie akteurs se roem en Leonardo is daarna vir ses Oscars benoem waarvan hy verlede jaar een gewen het vir The Revenant.

Kate is vir sewe benoem – insluitende Titanic – en in 2009 het sy ’n Oscar gewen vir haar rol in The Reader.

Billy het in verskeie films en televisiereekse verskyn en is op die oomblik te sien in die reeks Guilt.

Kate en Leonardo het tydens Titanic baie goeie vriende geword en hy het haar in 2012 by die kansel afgestap toe sy met Ned Rocknroll getrou het. Hulle het ook in 2008 saam in fliek Revolutionary Road verskyn. 

In Desember vanjaar sal daar’n spesiale dokumentêr bekendgestel word wat deur die regisseur van Titanic en National Geographic gemaak word om twintig jaar te herdenk.

Die dokumentêr sal kyk na al die ontdekkings en openbarings wat die afgelope twintig jaar oor die Titanic gemaak is.

Intussen sal ’n houtpaneel van die Titanic wat gedien het as inspirasie vir die reddingsboei wat Rose in die film gered het binnekort in Engeland uitgestal word, berig The Telegraph.

Vir jare al is daar gedebatteer oor of Jack ook op die stuk hout sou kon pas tot Kate verlede jaar gespot en gesê het: “Ek dink nogal hy sou op daardie stuk deur gepas het”.

In werklikheid was die stuk hout nie ’n deur nie, maar ’n baie getroue weergawe van ’n rococo-paneel wat bokant die ingang by die Titanic se eersteklassitkamer was. 

Ons deel graag ons gunsteling Titanic-oomblikke met julle.


Bronne: Vanityfair.com, Telegraph.co.uk, Usmagazine.com, Eonline.com