Amper ’n jaar het verloop sedert die paartjie aangekondig het dat hulle ná 10 jaar se getroude lewe gaan skei, hoewel hulle nog ’n hegte verhouding het. Ná verskeie uitstappies saam met hul kinders, Violet (10), Seraphina (7) en Samuel (4), en nadat die twee glo gesien soen is, sê bronne nou die Batman-ster wil nie sy vrou verloor nie.

“Ben wil Jen terughê,” vertel iemand in die binnekringe aan People. Nog ’n bron sê “Ben wil hul verhouding hervat.”

Maar dit lyk nie of Jennifer op die oomblik baie gretig is om weer te probeer nie. Daar was heelwat gerugte van probleme tussen die twee voor hulle verlede Junie aangekondig het hul paadjies skei en Ben het tydens sy Oscars-toespraak in 2013 gepraat van die “werk” wat nodig is om hul huwelik aan die gang te hou.

Lees ook: Jennifer Garner ‘wil kinders gelukkig hou’ ná skeiding

’n Duidelik verleë Jennifer het nie toe enigiets gesê nie en met gerugte dat haar man se beweerde ontrouheid die oorsaak van die skeiding was, het die aktrise duidelik tyd op haar eie nodig.

“Jen is nie gereed om vir Ben terug te vat nie,” sê ’n bron. “Ben was nog nooit oukei op sy eie nie en is ook nie nou nie. Maar hy werk gedurig aan homself. Hy het groot veranderinge gemaak.”

Maar dié wat weet sê niks anders het verander in hul verhouding nie en dat hulle nog praat van skei, maar hul kinders se behoeftes eerste stel.

Die gesin woon tans in Londen, Engeland waar Ben aan die fliek Justice League werk. Hulle het vroeër vandeesmaand Parys toe gegaan. “Hulle doen die ouerskap-ding saam-saam so goed as wat hulle kan. Watter soort verhouding dit ook al tans is, werk vir hulle.”

© Cover Media

Ook op Huisgenoot.com

Verloor só gewig sonder om enige kos uit te sny

Dis hoe lank kenners meen jy moet verslank om die vetjies vir goed weg te hou

‘Ek leef ’n heel ander lewe van binne’: Man vertel in roerende video van depressie

Tob jy te veel? Slaan dié gewoonte gou-gou hok

Pienk v. blou: Dié kleurfeite gaan sekere gevestigde tradisies op hul kop keer

Met dié 10 kitsoplossings sal jy jou huis lag-lag skoon hou