warm-saga-pudding

(Genoeg vir 8 mense)

Jou benodigdhede:

1 L (4 k) melk

250 ml (1 k) sago

1 ml (¼ t) sout

5 ml (1 t) vanielje-essens

30 ml (2 e) suiker of versoeter (opsioneel)

kaneel

heuning

mentblare

gewone jogurt

Sit die melk in ’n pot en laat kook. Roer af en toe. Verwyder van die hitte en voeg die sago, sout en vanielje-essens by. Meng goed, sit op lae hitte en laat 20 min. prut tot die sago deursigtig en dik is. Roer met ’n draadklitser sodat dit nie brand nie. Verwyder van die hitte en voeg die suiker of versoeter by indien verkies. Meng goed. Skep in 8 klein nagererg-glasies en sprinkel die kaneel oor. Giet ’n bietjie heuning oor en sit ’n mentblaar bo-op. Sit voor saam met die jogurt.

- Resep en foto: Lesley Scott

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.