Hy was vasbeslote om sy deel te doen om ’n positiewe bydrae tot ons land te maak. Toe sit Rikus du Plessis

(17) van die Strand buite Kaapstad ’n slim plan aanmekaar om te help om arm gemeenskappe naby sy buurt te bemagtig.

Die gevolg was die Dink Groenwerkskeppingsprojek, en nou woeker Rikus-hulle die hele pad.

Die projek het eintlik begin by die energieballe wat hy uitgedink het toe hy 15 was en aan Eskom se Ekspo vir Jong Wetenskaplikes deelgeneem het.

Sy plan om mense te help om nie so koud te kry nie, slaan toe ook sommer ’n silwermedalje in die streekafdeling

los. Maar hy doen sulke dinge nie vir pryse nie, verduidelik dié veelsydige seun hier langs ma Elma.

“Ons projek help werk skep, dit help met hergebruik ná herwinning en ons het begin April ook ’n teenbedelprogram begin. Ons wil mense wat bedel, help om soos ander te werk. Maar dis ook belangrik dat hulle goedkoper energiebronne kry sodat hulle nie bosse en bome hoef af te kap nie.’’

Rikus glo sy energieballe – ’n uitvindsel wat van herwonne afvalprodukte gemaak word – is die antwoord.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 13 Mei 2010

Bespreek vir Skouspel!