CAN’T REMEMBER TO FORGET YOU SHAKIRA FT RIHANNA

Hierdie liedjie met sy reggae-klanke het gemengde resensies gekry, maar dit raak mooier hoe meer jy daarna luister.

COMING OF AGE FOSTER THE PEOPLE

Ons het lank gewag vir nuwe materiaal van die skeppers van die treffer Pumped Up Kicks. Aanhangers sal mal wees oor hul jongste deuntjie: die eerste enkelsnit uit hul komende tweede album, Supermodels. Almal wat bang is vir grootword sal hulle met die lirieke kan vereenselwig.

AIR BALLOON LILY ALLEN

Die Britse sangeres se nuwe liedjie sal aanhangers laat saamsing, en is beter as haar vorige een, Hard Out Here.

YOU SOUND GOOD TO ME LUCY HALE

As ? aktrise is sy die ster van die gewilde TV-program Pretty Little Liars, maar sy kan ook sing. Haar eerste enkelsnit klink vir ons baie goed! Hierdie prettige, somerige, vrolike pop-country-liedjie was bo-aan die iTunes-country-trefferlys.