[caption id="attachment_118525" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

“Dit maak seer as ma omdat sy my biologiese dogter is. Maar op die oomblik ken Zephany my as ’n vriendin en vir eers is dit hoe dit gaan wees,” het sy in ’n emosionele gesprek vanoggend met die aanbieder Aden Thomas gesê.

“Dis nie maklik nie. Ek bedoel, ek huil amper elke aand en bid daaroor, maar ek gaan dinge nie dwing nie.”

Sy het gesê sy sal wag op God se tydsberekening en tot die dag dat Zephany gereed is. “Want ek weet dis nie meer lank nie, dan gaan sy na my toe kom of sy gaan my bel of vir my ’n boodskap stuur en sê: ‘Mammie, ek het jou nodig’.”

Lees ook: ‘God het geweet waarom ons vir dié dag moes wag,’ sê familielid ná Zephany Nurse-uitspraak

’n Vrou (51) is verlede week in die Wes-Kaapse hooggeregshof op aanklagte van ontvoering, bedrog en oortreding van die Kinderwet skuldig bevind. Sy sal na verwagting teen einde Mei gevonnis word.

Celeste het aan Aden gesê die wete dat haar dogter goed versorg en nie mishandel is nie, het dinge soveel makliker gemaak.

“Sy is in ’n liefdevolle omgewing saam met haar ander pa op die oomblik so ek weet sy sal veilig wees by hom.”

Sy het geweet haar dogter gaan deur ’n uiters “traumatiese, verpletterende tyd” en bevraagteken waarskynlik wie sy kan vertrou. “Daar is geen vertroue meer nie. Dis alles weggevat omdat alles wat sy geken het, ’n leuen was.”

Lees ook: ‘Celeste, ek het nooit jou kind uit jou arms gevat nie,’ sê Zephany se grootmaakma in hof

Zephany het blykbaar elke twee of drie dae ’n sielkundige gespreek, maar Celeste het gevoel dat selfs terapie soms nie gehelp het nie.

Aden het haar gevra hoe sy, as ma, die natuurlike instink onderdruk het om haar arms om haar dogter te gooi en vir haar te sê alles gaan oukei wees.

“Ek wil haar net vashou,” was al wat Celeste kon uitkry voor sy in die ateljee in trane uitgebars het. Nadat sy haar emosies in bedwang gekry het, het sy gesê sy respekteer Zephany se keuses.

“Ek was 17 of 18 jaar lank nie deel van haar lewe nie, as sy dus besluit: ‘Ek wil jou nie nou sien nie’, moet ek daarmee saamleef. Daar is niks wat ek kan doen nie.”

Sy het vertel sy het dikwels vir haar dogter teksboodskappe gestuur om te hoor hoe dit met haar gaan en aangebied om na haar te luister en ’n skouer te wees om op te huil. “Wanneer sy ook al voel sy is gereed, is ek hier vir haar.”

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Suzelle DIY se selfdoen-wenke eersdaags kassie toe

Wildkyk van agter jou lessenaar? Nou kan jy!

47-jarige Tereza Troskie-Herbst maak laatlam se geslag aan Huisgenoot bekend

Wat is endometriose en waarop moet jy let?